settings icon
share icon
Vraag

Wat moet ‘n Christen doen indien hy/sy met ‘n ongelowige getroud is?

Antwoord


Om met ‘n ongelowige getroud te wees, kan een van die moeilikste uitdagings in ‘n Christen se lewe wees. Die huwelik is ‘n heilige verbond wat twee mense saam in een vlees verbind (Matt 19:5). Dit kan baie moeilik wees vir ‘n gelowige en ongelowige om in vreedsame harmonie saam te lewe (2 Kor 6:14-15). Indien een van die twee ‘n Christen word na die huwelik, is die stryd om onder twee verskillende outoriteite te lewe, oënskynlik onafwendbaar.

Dikwels soek Christene in so ‘n situasie na ‘n uitweg uit die huwelik, met die oortuiging dat dit die enigste manier is om God waarlik te eer. Sy Woord sê egter die teenoorgestelde. Dit is baie belangrik om nie net tevrede te wees in ons situasie nie, maar om ook te kyk vir maniere om Hom te eer vanuit ons uitdagende omstandighede. (1 Kor 7:17). Die Bybel praat spesifiek in 1 Kor 7:12-14 met diegene wat met ongelowiges getroud is: “…As ‘n gelowige man met ‘n ongelowige vrou getroud is en sy gewillig is om by hom te bly, moet hy nie van haar skei nie. Die ongelowige man is by God aanneemlik deur die band met die gelowige vrou en die ongelowige vrou is by God aanneemlik deur die band met die gelowige man…”

Christene wat met ongelowiges getroud is, moet vir die krag van die Heilige Gees bid om hulle in staat te stel om Christus te bely en in die lig van God se teenwoordigheid te lewe (1 Joh 1:7). Hulle moet God se herskeppende krag soek om hulle harte te verander en die vrug van die Heilige Gees te dra (Gal 5:22-23. ‘n Christenvrou is verplig om ‘n nederige hart te hê, selfs teenoor haar ongelowige man (1 Pet 3:1) en sy het nodig om naby God te bly en staat te maak op Sy genade om haar daartoe in staat te stel.

Christene is nie veronderstel om in eensaamheid te lewe nie; hulle moet ondersteuning van bronne van buite kry, soos die kerk en Bybelstudiegroepe. Om met ‘n ongelowige getroud te wees, verander nie die heiligheid of die verhouding nie en dus moet dit die prioriteit van elke Christen wees om vir sy/haar eggenoot te bid en ‘n goeie voorbeeld te stel, om sodoende Christus se lig helder te laat skyn (Fil 2:14). Mag die waarheid in 1 Pet 3:1-2 dat ‘n ongelowige eggenoot “gewen kan word”, die hoop en doelwit van elke Christen wees, wat met ‘n ongelowige getroud is.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat moet ‘n Christen doen indien hy/sy met ‘n ongelowige getroud is?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries