settings icon
share icon
Vraag

Hoe was mense gered voordat Jesus vir ons sondes gesterf het?

Antwoord


Vanaf die begin toe mens gesondig het, was die basis vir redding nog altyd die dood van Christus. Nie een, al was dit voor Jesus se kruisiging of na Jesus se kruisiging kon gered word indien dit nie was vir hierdie een belangrike gebeurtenis nie. Christus se dood was die prys vir sondes van gelowiges in die Ou Testament se tyd asook vir sondes van gelowiges in die Nuwe Testament tyd.

Die vereiste van redding is en was nog altyd geloof. Die mikpunt van iemand se geloof om gered te word is God. doel van iemand se geloof. Die psalmdigter skryf, “Maar daar is vreugde vir almal wat by Hom skuil” (Psalm 2:12). Genesis 15:6 vertel ons hoe Abraham in God geglo het, en dié was genoeg om van hom ‘n regverdige man te maak in God se oë (sien ook in Romeine 4:3-8). Die Ou Testament offerande het nie sondes weggeneem nie, soos dit duidelik in Hebreërs 10:1-10 aan ons verduidelik word. Hierdie offerande was egter ‘n duidelike aanduiding vir mens dat die dag sou kom wat God se Seun Sy bloed sal vir mensdom sal stort, dus is dit vir alle mense, tydens alle tye.

Wat dan van gelowiges in Jesus se tyd, net voor sy kruisiging? Het hulle verstaan dat Jesus vir hul sondes gesterf het? Aan die einde van Jesus se lering het Hy dit aan hulle verduidelik, “Van toe af het Jesus dit vir sy dissipels begin duidelik maak dat God wil hê Hy moet na Jerusalem toe gaan. Daar moet Hy baie ly onder die familiehoofde, die leierpriesters en die skrifkenners, en doodgemaak word, maar dat God sal Hom op die derde dag weer lewendig maak” (Matteus 16:21-22). En wat was die reaksie van die dissipels op hierdie boodskap? “Petrus het Hom egter eenkant toe gevat en ernstig begin bestraf: “Mag God dit verhoed, Here. Dit sal U nooit as te nimmer oorkom nie”. Petrus en die ander dissipels het nie die volle waarheid van Jesus se koms verstaan nie, maar hulle was wel gered omdat hulle geglo het dat God sou na hulle sondes omsien en deur dit te vergewe. Hulle het nie geweet hoe God hierdie sou doen nie, maar net soos Abraham, Moses en Dawid, het hulle geglo dat God dit sou doen.

Vandag het ons egter meer openbaring as die mense wat voor Jesus se kruisiging gelewe het; ons het nou die volle prentjie. “Vroeër het God dikwels en op baie maniere deur die profete met ons voorvaders gepraat. Maar nou, in hierdie finale fase van die wereld se geskiedenis, het Hy met ons gepraat deur Sy Seun. God het Jesus bestem om die erfgenaam van alles te wees; trouens, Hy het deur Jesus Christus ook die heelal en alles wat daarin is, gemaak” (Hebreërs 1:1-2). Ons redding word steeds gebaseer op die dood van Christus, ons geloof is steeds die vereiste vir saligmaking (redding), en die oogmerk of mikpunt van ons geloof is steeds God. Vandag is die inhoud van ons geloof dat Jesus Christus vir ons sondes gesterf het, en dat Hy begrawe was en dat Hy weer opgestaan het op die derde dag (1 Korintiërs 15:3-4).

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Hoe was mense gered voordat Jesus vir ons sondes gesterf het?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries