Hoekom moet ons in georganiseerde godsdiens glo?




Vraag: "Hoekom moet ons in georganiseerde godsdiens glo?"

Antwoord:
Die woordeboek se definisie van “godsdiens” verwys na “geloof in God of gode wat aanbid moet word, wat gewoonlik deur spesifieke drag en of ritueel beoefen word; enige sisteem van geloof, aanbidding ... ens, en sluit ‘n gedrags kode van moraliteit in”. In lig van hierdie definisie, praat die Bybel dus van georganiseerde godsdiens, maar in baie gevalle is die doel en impak van “georganiseerde godsdiens” nie iets wat God se goedkeuring wegdra nie.

In Genesis 11 is miskien die eerste verwysing na georganiseerde godsdiens toe die nageslag van Noag vir hulle die toring van Babel gebou het instede van om na God se eis te luister en die wereld te bevolk. Hulle het geglo dat hul eenheid was meer belangrik as hul verhouding met God. God het egter ingetree en hul taal verwar deur almal verskillende tale te laat praat en sodoende ‘n einde gebring aan hierdie georganiseerde godsdiens.

In Eksodus 6 en wat daarop volg, het God ‘n georganiseerde godsdiens ingestel vir Israel. Die Tien Gebooie, die wette oor die tabelnakel en die offer sisteem was almal deur God ingestel en was deur die Israeliete gevolg. Verdere studie van die Nuwe Testament maak dit duidelik dat hierdie godsdiens se doel was om na die koms Saligmaker-Messias te verwys (Galasiërs 3; Romeine 7). Maar, baie het hierdie nie verstaan nie en het die reels en rituele aanbid instede van God.

Regdeur Israel se geskiedenis was hul konflik met ander georganiseerde gelowe. Voorbeelde hiervan is die aanbidding van Baäl (Rigters 6; 1 Konings 18), Dagon (1 Sameul 5), en Molech (2 Konings 23:10). God het die volgers van ander gelowe (godsdienste) oorwin en sodoende Sy soewereiniteit en almagtigheid te toon.

In die evangelies, tydens Christus se tyd, word die Fariseërs en Sadduseërs uitgebeeld as verteenwoordigers van georganiseerde godsdiens. Jesus het hulle gereeld gekonfronteer oor hulle valse leringe en hul skynheilige lewensstyle. In die briewe (van die apostels) was daar georganiseerde groepe wat die evangelie gemeng het met vereistes soos werke en rituele. Hulle het ook druk op gelowiges geplaas om hierdie “Christen plus” geloof natekom. In die boek Openbaring word daar verwys na georganiseerde godsdiens wat deur die Anti-Christus tot stand kom wat een-wereld geloof sal bewerk.

In baie gevalle is die gevolg van georganiseerde godsdiens ‘n aandag afwyking van wat God wil hê. Maar die Bybel vertel ons ook dat georganiseerde gelowiges deel maak van Sy plan. God verwys na hierdie groepe as “kerke”. In Handelinge en die Evangelies sien ons dat hierdie “kerk” moet georganiseerd en onafhanklik wees. Om georganiseerd te wees lei na beskerming, produktiwiteit en uitreiking (Handelinge 2:41-47). In die geval van die kerk, kan dit beter beskryf word as “georganiseerde verhouding”.

Godsdiens is mens se behoefte om ‘n verhouding met God te hê. Die Christen geloof is om in ‘n verhouding met God te staan want moontlik gemaak was deur die offer van Jesus Christus. Daar is geen plan om na God te reik nie, Hy reik na ons (Romeine 5:8). Daar is geen trots nie, alles word deur genade geskenk (Effesiërs 2:8-9). Daar moet geen konflik bestaan oor leierskap nie, Jesus is die hoof, Hy is die leier (Galasiërs 3:28). Om ‘n georganiseerde godsdiens te wees is nie ‘n probleem nie. Om op reels en rituele te reken is wel ‘n probleem.


Terug na die Afrikaanse tuisblad

Hoekom moet ons in georganiseerde godsdiens glo?