settings icon
share icon
Vraag

Is dit reg dat ‘n gebed vir dieselfde versoek herhaal moet word?

Antwoord


In Lukas 18:1-7 gebruik Jesus die gelykenisom die belangrikheid van gebeds herhaling te illustreer. Hy vertel die storie van ‘n weduwee wat na ‘n onregverdige regter gaan om ‘n uitspraak teen haar teenstander te kry. Omrede haar aanhoudende pla het die regter haar versoek toegestaan. Jesus toon aan ons dat indien ‘n onregverdige regter ‘n versoek toestaan vir iemand wat aanhou met die versoek, hoeveel te meer sal God dan die versoeke toestaan vir die wat Hy lief het – Sy eie verkose kinders (vers 7). Hierdie gelykenis leer ons egter nie dat indien ons vir iets oor en oor vra dat God dit uit “verpligting” sal toestaan nie. God belowe egter dat Hy Sy eie kinders sal verdedig en dit wat verkeerd teenoor hulle gedoen word reg sal maak, Hy belowe ook dat Hy hulle sal beskerm teen hulle vyande. God hou by Sy beloftes en toon Sy krag daardeur.

Jesus gee nog ‘n voorbeeld aan ons in Lukas 11:5-12. Soortgelyk aan die gelykenis van die onregverdige regter, is Jesus se boodskap hier dat indien ‘n man homself ontneem om ander in nood te help, soveel te meer sal God vir ons sorg wat ons ook al vra indien ons aanhou vra. God se beloftes aan Sy kinders is dat Hy aan hulle behoeftes sal voorsien, maar nie in hulle begeertes nie. Hy weet in elk geval wat ons behoeftes is, selfs beter as onsself. Dieselfde belofte word in Matteus 7:7-11 herhaal asook in Lukas 11:13, waar die “goeie geskenk” die Heilige Gees is.

Beide hierdie gedeeltes moedig ons aan om te bid en aan te hou bid. Daar is niks verkeerd om herhaaldelik vir iets te vra nie. Net so lank dit in die wil van God is (1 Johannes 5:14-15), hou aan om te vra totdat God dit aan jou toereken en die behoefte bevredig. Partykeer forseer God ons om te wag vir die antwoord om sodoende vir ons gedult en volharding te leer. Partykeer vra ons iets wat nog nie in God se tyd moet gebeur nie en laat Hy ons wag, totdat die tyd wel reg is. Partykeer vra ons iets wat nie in God se wil is nie en dan sal Hy “nee” sê. Gebed is nie alleen om versoeke aan God te rig nie; dit kan ook wees om te vra dat God Sy wil in ons harte moet plaas. Hou aan vra, hou aan klop, hou aan soek totdat God jou versoek toereken of om jou te oortuig dat jou versoek nie in Sy wil is nie.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Is dit reg dat ‘n gebed vir dieselfde versoek herhaal moet word?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries