settings icon
share icon
Vraag

Behoort ek te glo dat die Bybel foutloos is en dus kan red?

Antwoord


Ons word nie gered deur in die inspirasie of foutloosheid van die Bybel te glo nie. Ons word gered deur in die Here Jesus Christus as Verlosser van sonde te glo (Joh 3:16, Ef 2:8-9, Rom 10:9-10). Terselfdertyd is dit slegs deur middel van die Bybel dat ons van Jesus Christus en Sy dood en opstanding, ter wille van ons, leer (2 Kor 5:21, Rom 5:8). Ons hoef nie alles in die Bybel te glo om gered te word nie, maar ons moet in Jesus Christus, wie deur die Bybel erken word, glo. Ons moet bo alle twyfel die Bybel as die Woord van God aanvaar, asook absoluut alles glo wat die Bybel ons leer.

Wanneer mense vir die eerste keer gered word, weet hulle gewoonlik baie min van die Bybel. Verlossing is ‘n proses wat begin met die besef van ons sondige toestand, nie met ‘n verstaan van die foutloosheid van die Bybel nie. Ons gewete vertel aan ons dat ons nie in staat is om op eie meriete voor ‘n heilige God te staan nie. Ons weet dat ons nie regverdig genoeg is om dit te doen nie en daarom draai ons na Hom toe en aanvaar die offer van Sy Seun aan die kruis, as betaling vir ons sondes. Ons plaas al ons vertroue in Hom. Vanaf daardie punt, het ons ‘n totale nuwe natuur, rein en onbesmet deur sonde. God se Heilige Gees woon in ons harte en verseël ons vir die ewigheid. Ons gaan daagliks van daardie punt af vorentoe, om lief te hê en God elke dag meer en meer te gehoorsaam. Deel van hierdie “vooruitgang” is om daagliks in Sy Woord te groei en sterker te word in ons daaglikse wandel saam met Hom. Net die Bybel alleen het die krag om hierdie wonderwerk in ons lewens moontlik te maak.

As ons in die Persoon en werk van die Here Jesus Christus glo en vertrou, soos die Bybel ons leer, dan is ons gered. As ons op Jesus Christus vertrou, sal die Heilige Gees in ons harte en gedagtes werk en ons oortuig dat die Bybel waar is en dat ons daarin kan glo (2 Tim 3:16-17). As daar twyfel in ons gedagtes is in verband met die foutloosheid van die Skrif, is die beste manier om vir God te vra om vir ons sekerheid en vertroue in Sy Woord te gee. Hy is meer as gewillig om diegene wat Hom opreg en met hulle hele hart soek, te antwoord (Matt 7:7-8).

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Behoort ek te glo dat die Bybel foutloos is en dus kan red?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries