settings icon
share icon
Vraag

Wat is die “filioque” klousule?

Antwoord


Die”filioque” klousule was en is steeds ‘n twispunt in die kerk met betrekking tot die Heilige Gees. Die vraag is, “Het die Heilige Gees uit die Vader , of die Vader en die Seun voortgespruit?” Die woord “filioque” beteken “en Seun” in Latyn. Daar word gepraat van die “filioque klousule”, omdat die frase “en Seun” tot die Geloofsbelydenis van Nicea toegevoeg is, wat aandui dat die Heilige Gees van die Vader “en Seun” afkomstig was. Daar was soveel verskille rondom hierdie aangeleentheid, dat dit uiteindelik tot ‘n skeuring tussen die Rooms Katolieke en Oosterse Ortodokse kerke in 1054 nC gelei het. Hierdie twee kerke stem nog steeds nie saam oor hierdie “filioque” klousule nie.

Joh 14:26 sê “en wanneer die Vader in my Naam die Voorspraak, die Heilige gees, stuur, sal Hy julle alles leer en julle herinner aan alles wat Ek vir julle gesê het.” Joh 15:26 sê “Wanneer die Voorspraak kom wat ek vir julle van die Vader af sal stuur, die Gees van die Waarheid, wat van die Vader uitgaan, sal Hy oor My getuig.” Kyk ook na Joh 14:16,17 en Fil 1:19. Dit wil voorkom of hierdie Skrifte aandui dat die Gees deur beide die Vader en die Seun uitgestuur is. Die Bybel leer duidelik dat die Heilige Gees God is (Hand 5:3-4). Diegene wat die “filioque” klousule opponeer, doen dit, omdat hulle glo dat die Heilige Gees van die Vader en die Seun afkomstig is en hierdeur word die Heilige Gees ondergeskik aan die Vader en die Seun gestel. Diegene wat die “filioque” klousule ondersteun, glo dat die Heilige Gees van beide die Vader en die Seun kom en dit bots nie met die feit dat die Gees gelykstaande is met God, die Vader en die Seun nie.

Die “filioque” klousule twispunt sluit ‘n aspek van God se persoon in, wat ons nooit weklik ten volle sal kan begryp nie. God wat ‘n oneindige wese is, is uiteraard onverstaanbaar vir ons menslike verstand. Die Heilige Gees is God en Hy is gestuur as “plaasvervanger” op aarde in Jesus Christus se plek. Die vraag of die Heilige Gees deur die Vader of deur die Vader en die Seun gestuur is, kan nie met beslistheid beantwoord word nie en daar is ook geen absolute nodigheid daarvoor nie. Hierdie verskilpunt sal maar moet bly voortbestaan.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat is die “filioque” klousule?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries