settings icon
share icon
Vraag

Is engele manlik of vroulik?

Antwoord


Daar bestaan geen twyfel dat elke verwysing in die Skrif na hulle as die manlike geslag verwys nie. Die Griekse woord vir “engel” in die Nuwe Testament , “angelos”, is in die manlike vorm. Om die waarheid te sê, die vroulike vorm van “angelos” bestaan nie. Taalkundig is daar is drie geslagte – manlik (hy, hom, syne), vroulik (sy, haar, hare) en onsydig (dit, daarvan). Daar word nooit na engele in enige ander geslag verwys as manlik nie. In die baie verskynings in die Bybel, is daar nooit na ‘n engel as ‘sy’ of ‘dit’ verwys nie. Verder, wanneer engele verskyn het, was hul altyd soos mense in die manlike geslag geklee (Gen 18:2,16; Eseg 9:2). Geen engel het ooit in die Skrif verskyn asof geklee soos ‘n vrou nie.

Die enigste engele in die Bybel met name – Migael, Gabriël, Lucifer – het mansname en na almal word verwys as manlik. Openbaring 12:7 – “Migael en sy engele”, Lukas 1:29 – “Sy (Maria) was verbysterd oor die woorde (Gabriël s’n) en het gewonder wat die begroeting tog kon beteken”, Jes 14:2 – “ Jy wat die helder môrester was ( Lucifer)”. Ander verwysings van engele is altyd in die manlike geslag. In Rigters 6:21 hou die engel die stok in sy hand. Sagaria het vir ‘n engel ‘n vraag gevra en het gerapporteer dat hy geantwoord het (Sag 1:19). Die engele in Openbaring word almal na verwys as ‘hy’ en ‘syne’ (Open 7:1; 10:1, 5; 14:19; 16:2, 4, 17; 19:17; 20:1).

Sommige mense verwys na Sag 5:9 as ‘n voorbeeld van vroulike engele. Dit sê, “Toe sien ek twee vroue aankom wat met vlerke op die wind sweef, vlerke soos dié van ‘n groot sprinkaanvoël. Hulle het die mandjie opgetel en is daarmee die lug in.” Die probleem is dat die ‘vroue’ in hierdie profetiese visioen nie engele genoem word nie. Hulle word “nashiym” (vroue) genoem, soos die vrou in die mandjie boosheid verteenwoordig in verse7 en 8. In teenstelling daarmee, die engel met wie Sagaria praat, word ‘n “malak” genoem, ‘n groot verskil in betekenis: “engel” of “boodskapper”. Die feit dat die vroue in Sagaria se visioen vlerke gehad het, mag in ons gedagte engele na vore bring, maar ons moet versigtig wees om iets anders te verstaan as wat die teks bedoel. ’n Visioen verwys nie noodwendig na werklike wesens of voorwerpe nie – dink aan die geweldige vlieënde boekrol wat Sagaria vroeër in dieselfde hoofstuk gesien het (Sag 5:1-2).

Die verwarring aangaande geslaglose engele kom van die misverstaan van Matt 22:30, waar ons lees dat daar geen huwelik in die hemel sal wees nie, omdat ons “soos die engele in die hemel” sal wees. Die stelling dat daar geen huwelike in die hemel sal wees nie, het daartoe aanleiding gegee dat sommige glo dat engele geslagloos is, omdat (so word gedink) die doel van geslag voortplanting is en aangesien daar geen huwelik sal wees nie, is daar geen nodigheid vir geslagsonderskeiding nie. Dit is egter ‘n sprong wat nie deur middel van die teks bewys kan word nie. Die feit dat daar geen huwelik is nie, meen nie dat daar geen geslag is nie. Die baie verwysings na engele as mans weerspreek die idée van geslaglose engele , maar ons moenie geslag en seksualiteit verwar nie. Daar is duidelik geen seksuele aktiwiteit in die hemel nie en dit kan ons veilig aflei van die stelling dat daar geen huwelik is nie. Ons kan egter nie dieselfde sprong maak van “geen huwelik” na “geen geslag” nie.

Geslag kan nie streng in terme van seksualiteit verstaan word nie. Die gebruik van die manlike geslag in die Skrif is meer ‘n verwysing na outoriteit as geslag. God verwys ook na Homself in die manlike vorm. Die verwarring van onderskeiding tussen manlike en vroulik kan lei tot dwaalleer soos “moeder/vader God” en die Heilige Gees as ‘n “dit”, sonder inagneming van die verwysings na Hom in die Skrif (Joh 14:13-15; 15:16; 16:8, 13-14). Die Heilige Gees word nooit beskryf as ‘n “dit” of ‘n lewelose krag nie. God se perfekte en volmaakte plan vir orde en struktuur van outoriteit, beide in die kerk en die huis, rus mans toe met outoriteit om in liefde en regverdigheid te heers, netsoos God regeer. Dit sou eenvoudig onvoldoende wees om na hemelwesens te verwys as enigiets anders as manlikes, as gevolg van die outoriteit wat God gegee het om Sy mag uit te oefen (2 Kon 19:35), Sy boodskappe te dra (Luk 2:10) en om Hom op aarde te verteenwoordig.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Is engele manlik of vroulik?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries