settings icon
share icon
Vraag

Wie is die engel van die Here?

Antwoord


Die presiese identiteit van die “engel van die Here” word nie in die Bybel gegee nie. Daar is egter baie belangrike “leidrade in die Ou en Nuwe Testament: “engele van die Here”, “’n engel van die Here” en “die engel van die Here.” Dit wil voorkom asof wanneer die lidwoord “die” gebruik word, dit ‘n spesifieke wese aandui, apart van die ander engele. Die engel van die Here praat soos God, identifiseer Homself met God en beoefen die verantwoordelikhede van God ( Gen 16:7-12; 21:17-18; 22:11-18; Eks 3:2; Rigters 2:1-4; 5:23; 6:11-24; 13:3-22; 2 Sam 24:16; Sag 1:12; 3:1; 12:8). In verskeie van hierdie verskynings het diegene wat die engel van die Here gesien het, vir hul lewens gevrees, omdat hulle “die Here gesien het.” Dus is dit duidelik dat ten minste in sommige gebeure, die engel van die Here ‘n Godsverskyning in gesig en visioen is (teofanie), met ander woorde God in fisiese vorm.

Die verskynings van die engel van die Here het opgehou na Christus se koms. Engele word talle kere in die Nuwe Testament genoem, maar “die engel van die Here” word nie genoem nie. Dit is moontlik dat verskynings van die engel van die Here manifestasies van Jesus was, voor Sy koms. Jesus verklaar self dat Hy voor Abraham reeds bestaan het: “was ek al wat Ek is”, (Joh 8:58). Dit is dus logies dat Hy aktief besig was en in die wêreld gemanifesteer het. Wat ook al die geval was, of die engel van die Here ‘n verskyning van Christus was of van God die Vader, is dit baie moontlik dat die frase “die engel van die Here” gewoonlik met die fisiese verskyning van God geïdentifiseer kan word.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wie is die engel van die Here?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries