settings icon
share icon
Vraag

Wat sê die Bybel omtrent die doodstraf?

Antwoord


Die Ou Testamentiese wet beveel die doodstraf vir verskeie dade: moord (Exodus 21:12), menseroof (Exodus 21:16), bestialiteit (Exodus 22:19), owerspel (Levitikus 20:10), homoseksualiteit (Levitikus 20:13), ‘n valse profeet wees (Deuteronomium 13:5), hoerery en verkragting (Deuteronomium 22:24), en verskeie ander misdade. Maar God het dikwels genade betoon wanneer die doodstraf voltrek moes word. Dawid het owerspel en moord gepleeeg, maar God het nie geëis dat sy lewe geneem moes word nie (2 Samuel 11:1-5, 14-17; 2 Samuel 12:13). Eintlik behoort elke sonde wat ons pleeg met die dood gestraf te word, want die loon van die sonde is die dood (Romeine 6:23). Danksy Christus, bewys God Sy liefde aan ons deur ons nie te veroordeel nie (Romeine 5:8).

Toe die Fariseërs ‘n vrou wat in egbreuk betrap was na Jesus gebring het en Hom gevra het of sy gestenig moet word, het Jesus geantwoord, “Laat dié een van julle wat sonder sonde is, die eerste klip op haar gooi” (Johannes 8:7). Dit behoort nie gebruik te word om aan te dui dat Jesus die doodstraf in alle omstandighede verwerp het nie. Jesus het slegs die skynheiligheid van die Fariseërs bloot gelê. Die Fariseërs wou Jesus verkul om die Ou Testamentiese wet te verbreek; hulle het nie werklik omgegee om die vrou te stenig nie (en waar was die man wat saam met haar egbreuk gepleeg het?). God is die Een wat die doodstraf ingestel het: “Hy wat die bloed van ‘n mens vergiet, sy bloed sal deur die mens vergiet word; want God het die mens na Sy beeld gemaak” (Genesis 9:6). Jesus het die doodstraf in sommige gevalle gesteun. Jesus het ook genade betoon wanneer die doodstraf opgelê moes word (Johannes 8:1-11). Die apostel Paulus het uitdruklik die mag van die regering erken om die doodstraf op te lê wanneer vanpas (Romeine 13:1-7).

Hoe moet ‘n Christen die doodstraf sien? Eerstens moet ons onthou dat God die doodstraf ingestel het in Sy Woord; dus sal dit aanmatigend van ons wees om te dink dat ons ‘n hoër standaard daar mag stel. God beskik oor die hoogste standaard van enige wese; Hy is volmaak. Hierdie standaard is nie net op ons van toepassing nie, maar ook op Homself. Gevolglik beskik Hy oor oneindige liefde, en het Hy oneindige genade. Ons sien ook dat Sy toorn tot die oneindige kan strek, en dit alles word in ‘n volmaakte balans gehandhaaf.

Tweedens moet ons besef dat God aan die regering die mag gegee het om te besluit wanneer die doodstraf toegepas moet word (Genesis 9:6; Romeine 13:1-7). Dit is onBybels om te beweer dat God die doodstraf in alle gevalle teenstaan. Christene mag nooit jubel wanneer die doodstraf opgelê word nie, maar terselfdertyd mag Christene hulle nie verset teen die regering se mag om die oortreders van die mees booste dade tereg te stel nie.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat sê die Bybel omtrent die doodstraf?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries