settings icon
share icon
Vraag

Wat is redding? Wat is die Christelike dogma rakende redding?

Antwoord


Redding is om bevry te wees van gevaar of lyding. Om te red, is om te bevry of te beskerm. Die woord dra die betekenis van oorwinning, gesondheid of bewaring. Soms gebruik die Bybel die woorde gered of redding om te verwys na tydelike, fisiese bevryding, soos Paulus se bevryding uit die tronk (Fil 1:19).

Die woord “redding” het meer dikwels ‘n ewige, geestelike strekking. Toe Paulus vir die Filippynse tronkbewaarder vertel het wat hy moes doen om gered te word, het hy na die tronkbewaarder se ewige bestemming verwys (Hand 16:30-31). Jesus het redding vergelyk met toegang tot die koninkryk van God (Matt 19:24-25).

Waarvan word ons gered? Volgens die Christelike dogma van verlossing, word ons gered van die “vloek”, dit is God se straf oor sonde (Rom 5:9, 1 Tess 5:9). Ons sondes het ons van God geskei en die gevolg van sonde is die dood (Rom 6:23). Bybelse redding verwys na ons vrymaking van die gevolg van sonde en sluit dus die wegneem van sonde in.

Wie kan red? Net God kan sonde wegneem en ons vrymaak van die straf oor sonde (2 Tim 1:9, Titus 3:5).

Hoe red God ons? Volgens die Christelike dogma van verlossing, het God ons deur Christus gered (Joh 3:17). Meer spesifiek, dit was Jesus se sterwe aan die kruis en daaropvolgend die opstanding wat ons redding bewerk het (Rom 5:10, Ef 1:7). Die Skrif is duidelik daaroor dat redding die genadige, onverdiende geskenk van God is (Ef 2:5,8) en is slegs verkrygbaar deur geloof in Jesus Christus (Hand 4:12).

Hoe ontvang ons redding? Ons word deur GELOOF gered. Eerstens moet ons die Evangelie HOOR – die goeie nuus van Jesus se dood en opstanding (Ef 1:13). Dan moet ons GLO – die Here Jesus ten volle vertrou (Rom 1:16). Dit sluit berou in, ‘n verandering van denke rakende sonde en Christus (Hand 3:19) en die Naam van die Here moet aangeroep word (Rom 10:9-10, 13).

‘n Definisie van die Christelike dogma oor redding sou wees “Die vrymaking, deur God se genade, van die ewige straf oor sonde, wat aan hulle gegee word wat deur geloof God se voorwaardes in verband met berou aanvaar en geloof in Jesus Christus het.” Verlossing is slegs beskikbaar deur Jesus alleen (Joh 14:6, Hand 4:12) en is van God alleen afhanklik vir voorsiening, sekerheid en waarborg.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat is redding? Wat is die Christelike dogma rakende redding?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries