settings icon
share icon
Vraag

Wat is dispensasie en is dit Skriftelik?

Antwoord


Dispensasie is ‘n teologiese sisteem wat uit twee primêre kenmerke bestaan. 1) ‘n konstante letterlike vertolking van die Bybel, veral met Bybel profesieë. 2) ‘n Onderskeid tussen Israel en die kerk volgens God se program.

Dispensasie voorstaanders eis dat hulle beginsel van uitlegkunde word geskroei op ‘n letterlike vertolking, dit is, dat elke woord se betekenis gelees en verstaan moet word in dieselfde konteks as gewone daaglikse gebruik. Simbole, manier van spraak en tipes word almal vertolk in hierdie sin en is dus op geen manier teenstrydig met letterlike vertoking nie. Selfs alle simboliese uitdrukkings (skrif) het ‘n letterlike betekenis.

Daar bestaan ten minste drie redes hoekom hierdie die beste manier is om die Bybel te benader. Eerstens, die doel van die taal vereis self dat dit op ‘n letterlike manier verstaan moet word. Taal is deur God gegee met die doel om met mense te kan kommunikeer. Die twede rede is ‘n Bybelse rede, elke profesië oor Jesus Christus in die Ou Testament was letterlik vervul. Jesus se geboorte, Sy leringe, Sy dood en Sy opstanding het gebeur net soos die profesieë dit voorspel het. Daar is geen nie-letterlike vervulling van hierdie profesieë in die Nuwe Testament nie, almal het letterlik plaasgevind. ‘n Letterlike interpretasie verseker dat daar ‘n standaard is wanneer die Bybel gelees word, indien dit nie gebeur nie sal elke persoon tot sy eie gevolgtrekking van Skrif hê. Dit sal die gevolg hê dat mense sê, “hierdie vers vertel my .... instede van die Bybel vertel my”. Ongelukkig vind ons egter hierdie by baie mense vandag.

Dispensasie teologie leer dat daar twee afsonderlike groepe mense wat aan God behoort bestaan, naamlik Israel en die kerk. Dispensasionaliste glo dat redding nog altyd geloof was – geloof in God in die Ou Testament en spesifiek God, die Seun in die Nuwe Testament. Dispensasionaliste hou vol dat die kerk nie Israel vervang het nie en dat in God se Ou Testament beloftes nie aan die kerk oorgedra kan word nie. Hulle glo dat die beloftes wat God aan Israel gemaak het (land, baie erfgename en seëninge) sal uiteintlik tydens die 1000 jaar periode, soos in Openbaring hoofstuk 20, wel volbring word. Hulle glo ook dat net soos God in hierdie dae aandag toespits op die kerk, sal Hy ook weer Sy fokus in die toekoms terug bring op Israel (Romeine 9-11).

Dispensasionaliste verstaan dat die Bybel gerangskik kan word in 7 dispensasies of dan wel bedelings: Onkunde (Genesis 1:1-3;7), gewete (Genesis 3:8-8;22), menslike regering (Genesis 9:1-11;32), beloftes 12:1 – Eksodus 19:25), wetlik (Eksodus 20:1 – handelinge 2:4), genade (Handelinge 2:4 – Openbaring 20:3) en die duisendjaarryk (Openbaring 20:4-6). Ons moet verstaan dat hierdie bedelings nie die weg is tot redding nie maar dit wys in watter veband God met mens staan / reageer. Dispensasie, as ‘n sisteem, vloei uit op ‘n voor-duisendjaar interpretasie van Jesus se twede koms en sluit gewoonlik voor-tribulasie en wegraping sienings in. Om dus op te som, dispensasie is ‘n teologiese sisteem wat Bybel profesieë letterlik vertolk en onderskei duidelik tussen Israel en die kerk. Dit rangskik die Bybel in hierdie twee verskillende dispensasies.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat is dispensasie en is dit Skriftelik?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries