settings icon
share icon
Vraag

Hoekom is alle Christene skynheiliges?

Antwoord


Geen beskuldiging is seker meer tartend as “skynheilig” nie. Ongelukkig is daar sommige wat met reg voel dat Christene skynheiliges is. Hierdie term “skynheilige” het ‘n ryk herkoms in die die Engelse taal. Dit is verkry deur die Latynse “hypocrisies” wat “play-acting, pretense” toneelspeel, voorgee) beteken. Nog verder terug in die verlede kom die word in beide klassieke en Nuwe Testamentiese Grieks voor en het dieselfde betekenis as die Latyns.

Dit is hoe die Here Jesus die term gebruik het. Toe Christus die belangrikheid van gebed, vas en die gee van aalmoese vir sy volgelinge geleer het, het Hy ons ontmoedig om die voorbeeld van die skynheiliges te volg (Matt 6:2,5,16). Deur lang publieke gebede te bid, buite perke te gaan om te verseker dat ander sien hulle vas en deur hul gawes vir die Tempel en die armes ten toon te stel, het hulle net ‘n uiterlike verbintenis met die Here gehad. Terwyl die Fariseërs dramatiese rolle vertolk het as godsdienstige figure in die publiek, het hulle hopeloos misluk in hul binneste, waar ware en opregte deugde na vore moes kom (Matt 23:13-33; Mark 7:20-23).

Jesus het nooit Sy dissipels skynheiliges genoem nie. Daardie naam is slegs gebruik vir misleidende godsdienstige dwepers. Hy het egter vir hulle wat aan Hom behoort het, “volgelinge”, “kindertjies”, “skape” en Sy “kerk” genoem. Daar is ook in die Nuwe Testament ‘n waarskuwing rakende die sonde van skynheiligheid (1 Pet 2:1), wat Petrus dan “huigelary”noem. Ook twee blatante voorbeelde van skynheiligheid word in die kerk opgelet. In Hand 5:1-10 word twee dissipels ontbloot deurdat hulle voorgee om meer vrygewig te wees as wat hulle was. Die gevolge was baie erg en van alle mense is Petrus daarvan beskuldig dat hy ‘n groep skynheiliges lei, tydens die opleiding van Heidense gelowiges (Gal 2:13).

Vanuit die Nuwe Testamentiese lering, kom ons minstens tot twee gevolgtrekkings. Eerstens dat skynheilige Christene wel voorkom. Hulle was reeds van die begin af teenwoordig en na aanleiding van Jesus se gelykenis van die onkruid en die goeie saad, sal hulle tot by die voleindiging bestaan (Matt 13:18-30). As selfs ‘n apostel daaraan skuldig kan wees, is daar geen rede om te glo dat “gewone” Christene daarvan vry is nie. Ons moet altyd op ons hoede bly om nie in dieselfde versoekings te val nie (1 Kor 10:12).

Dit is natuurlik so dat nie elkeen wat hom as Christen voordoen, waarlik ‘n Christen is nie. Dalk was almal of die meeste van die skynheiliges onder die Christene tog maar vals en aanspraakmakers. Tot op hede het prominente Christenleiers in ernstige sondes beland. Finansiële en seksuele skandale kom in Christen-gemeentes voor. In plaas daarvan om die hele gemeente te beskuldig, moet ons eerder vra of almal wat sê dat hulle Christene is, dit wel opreg bedoel. Veelvuldige Bybelgedeeltes bevestig dat hulle wat werklik aan Christus behoort, die vrug van die Gees sal dra (Gal 5:22-23). Jesus se gelykenis in Matt 13 maak dit duidelik dat nie almal wat Hom in die geloof aanvaar, opreg is nie. Jammerlik sal diegene eendag moet hoor, “Ek het julle nooit geken nie. Gaan weg van my af, julle wat die wet van God oortree” (Matt 7:23).

Tweedens moet dit ons nie verbaas dat mense voorgee dat hulle meer heilig is, as wat hulle Christene is nie en kan ons nie volstaan dat die kerk meestal saamgestel word deur skynheiliges nie. Tog is dit so dat almal wat die Naam van Jesus Christus aanroep, sondaars bly, selfs nadat ons sondes vergewe is. Dit is so dat selfs as ons van ons sonde verlos is (Rom 5:1; 6:23), ons nog steeds gered moet word en vrygemaak moet word van sondes in ons lewens (1 Joh 1:8-9), insluitend die sonde van skynheiligheid. Deur ons lewende geloof in die Here Jesus, oorkom ons aanhoudend die sondemag, totdat ons finaal vry is (1 Joh 5:4-5).

Alle Christene misluk om volkome op die Bybelse standaard te lewe. Geen Christen was nog ooit volmaak soos Christus nie. Daar is egter baie Christene wat werklik op soek is daarna en steun meer en meer op die Heilige Gees om hul vry te maak, te verander en te versterk. Daar is ‘n menigte Christene wat hul lewens vry van skandale geleef het. Geen Christen is perfek nie, maar om ‘n fout te maak en te misluk om volmaaktheid in hierdie lewe te bereik, is nie dieselfde ding as om ‘n skynheilige te wees nie. English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Hoekom is alle Christene skynheiliges?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries