settings icon
share icon
Vraag

Moet ‘n Christen assuransie hê?

Antwoord


Christene worstel soms met die vraag om versekering te kry of nie – het ‘n Christen met assuransie ‘n tekort aan geloof? Dit is n heilsame stryd en gelowiges moet die Skrif ondersoek en ‘n antwoord kry, wat hulle op ‘n Skriftuurlike wyse kan verdedig.

Eerstens moet ons saamstem dat assuransie vir Christene nie spesifiek in die Bybel gemeld word nie. Indien dit die geval is, moet ons beginsels uit die hele Skrif gebruik. Verskillende gelowiges kom tot verskillende persoonlike oortuigings en dit is goed. Rom 14 sê dat sulke situasies gerespekteer moet word. Gelowiges het die verantwoordelikheid om hul eie gevolgtrekkings te vorm (Rom 14:5). Verse 23 sê dat wat ons ook al besluit, moet op geloof gebaseer word. ‘n Christen wat assuransie het, vir hom is dit ‘n saak van oortuiging; hy moet persoonlik oortuig wees dat God dit so wil hê en wie nie het nie, moet andersins oortuig wees.

Hier is ‘n paar Bybelse beginsels: ons moet gehoorsaam wees aan die owerhede. Wanneer ons dus deur die wet verplig word om assuransie te hê, soos aanspreeklikheid, moet ons dit doen. Ons moet ook omsien na ons families. Dus moet Christene vooruit beplan vir die toekoms tot voordeel van hul families en assuransie is deel daarvan. Beplanning sluit ook in die voorbereiding vir die onvoorsiene dood van ‘n familielid. Lewensversekering kan gesien word as swak geloof of liefde vir geld of as verstandige beplanning en wyse rentmeesterskap van fondse. Elke persoon se voorwaardes en oortuigings verskil. God is ‘n kampvegter vir vooruit beplanning. Die storie van Josef en sy wyse beplanning het nie slegs die Egiptenare gespaar nie, maar ook die Israeliete en die afstammelinge van Christus (Gen 41).

Die belangrikste is dat ons God se Woord moet bestudeer en Hom raadpleeg rondom alle areas van ons lewe. God begeer om ons van wysheid te voorsien (Jak 1:5). Heb 11:6 sê dat dit onmoontlik is om Hom sonder geloof bly te maak. Die volgende is die onmiddellike vraag: “Sal dit my hemelse Vader bly maak?” ‘n Ander vers om in ag te neem, is Jak 4:17, wat sê dat as ons die kans kry om goed te doen, ons dit moet aangryp, anders sondig ons. 1 Tim 5:8 sê ook dat as ons mekaar wil bedien, ons by ons families moet begin. ‘n Christen kan assuransie beskou as ‘n hulpmiddel om hierdie doelwitte te bereik. English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Moet ‘n Christen assuransie hê?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries