settings icon
share icon
Vraag

Wat sê die Bybel oor ‘n Christen wat enkellopend is?

Antwoord


Die vraag of ‘n Christen enkellopend mag bly en wat die Bybel sê oor gelowiges wat nooit trou nie, word dikwels misverstaan. Paulus sê vir ons in 1 Kor 7:7-8, “Eintlik wens ek dat alle mense kon wees soos ek is. Maar elkeen het van God sy besondere gawe ontvang, die een dit en die ander iets anders. Vir die ongetroudes en die weduwees sê ek: Dit is vir hulle goed om ongetroud te bly soos ek.”

Let daarop dat hy sê dat sommige die gawe het om enkellopend te bly en sommige die gawe van die huwelik. Alhoewel dit lyk asof byna almal trou, is dit nie noodwendig God se wil vir almal nie. Paulus, byvoorbeeld het nie nodig gehad om oor die ekstra probleme en stres wat die huwelik en/of familie bring, te bekommer nie. Hy het sy hele lewe daaraan toegewy om die Woord van God te versprei. Hy sou nie so ‘n bruikbare boodskapper gewees het as hy getroud was nie.

Aan die ander kant doen sommige mense beter as ‘n span - hulle dien God as ‘n familie of as ‘n egpaar. Beide van hierdie groepe mense is ewe belangrik. Dit is nie sonde om enkel te bly nie, al is dit lewenslank. Die belangrikste ding in die lewe is nie om ‘n maat te vind of kinders te hê nie, maar om vir God te dien. Ons moet onsself opvoed in die Woord van God deur ons Bybels te lees en te bid. Indien ons God vra om Homself aan ons te openbaar, sal Hy dit doen (Matt 7:7) en as ons Hom vra om ons te gebruik om Sy goeie werk te voltooi, sal Hy dit ook doen, Rom 12:2, “Julle moenie aan hierdie sondige wêreld gelyk word nie, maar laat God julle verander deur julle denke te vernuwe. Dan sal julle ook kan onderskei wat die wil van God is, wat vir Hom goed en aanneemlik en volmaak is.”

Om enkellopend te wees, moet nie as ‘n vloek beskou word nie of as ‘n indikasie dat daar “iets verkeerd” is met die enkel man of vrou nie. Alhoewel die meeste mense trou en die Bybel ook aandui dat dit God se wil is, is ‘n enkellopende Christen geensins ‘n “tweedeklas” Christen nie. 1 Kor 7 dui aan dat enkellopendheid ook ‘n hoër roeping is. Soos met alles in die lewe, moet ons God vir wysheid vra (Jak 1:5), ook rakende die huwelik. Deur God se plan te volg, óf dit huwelik óf enkellopend is, sal die resultaat produktiwiteit en vreugde wees, soos God dit vir ons begeer. English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat sê die Bybel oor ‘n Christen wat enkellopend is?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries