settings icon
share icon
Vraag

Wat is Christelike Wetenskap?

Antwoord


Christelike Wetenskap is begin deur Mary Baker Eddy (1821-1910), wat nuwe idees oor spiritualiteit en gesondheid ontgin het. Geïnspireer deur haar eie genesingsondervinding in 1866, het Eddy jarelange tyd spandeer aan Bybelstudie, gebed en navorsing oor verskeie genesingsmetodes. Die resultaat was ‘n sisteem van genesing, wat sy “Christian Science” in 1879 genoem het. Haar boek “Science and Health with Key to the Scriptures” het nuwe insig gebring in die begrip van die “mind-body-spirit” verband. Sy het verderaan ‘n kollege, ‘n kerk, ‘n uitgewers-maatskappy en die gerespekteerde koerant “The Christian Science Monitor” tot stand gebring. As gevolg van die ooreenkoms met ander groepe, het baie geglo dat Christelike Wetenskap ‘n nie-Christelike kultus was.

Christelike Wetenskap het geleer dat God-Vader-Moeder van almal heeltemal goed en ten volle geestelik is en dat God se skepping, insluitend die ware natuur van elke persoon, die vleklose geestelike beeld van die Goddelike is. Aangesien God se skepping goed is, kan booshede soos siekte, dood en sonde nie deel van die fundamentele werklikheid wees nie. Hierdie booshede is eerder die gevolg van die mens wat nie naby God lewe nie. Gebed is ‘n sentrale wyse om nader aan God te kom en so word menslike siektes genees. Dit verskil van die Bybel wat ons leer dat die mens in sonde gebore is, wat oorerflik is van Adam se sondeval en dat sonde ons van God skei. Sonder God se reddende genade deur die dood van Christus aan die kruis, sal ons nooit van die ergste siekte, naamlik sonde, genees word nie.

Christelike wetenskaplikes sien Jesus se bediening as hulle eie model van genesing, eerder as om te leer dat Jesus ons geestelike siektes genees (Jes 53:5). Hulle glo dit demonstreer die belangrikheid van genesing ten opsigte van verlossing. Christelike wetenskaplikes bid vir meer realiteit van God en om God se daaglikse liefde te besef en te beleef en help andere om die versoenende, genesende uitwerkings van hierdie begrip te beleef.

Vir die meeste Christelike wetenskaplikes is geestelike genesing ‘n effektiewe eerste keuse en as resultaat volg hul dan die krag van gebed, in plaas van mediese behandeling. Regerings-owerhede het dikwels hierdie benadering uitgedaag, veral in omstandighede waar mediese behandeling van minderjariges weerhou is. Daar is egter geen kerklike beleid wat mag het oor lidmate se gesondheidsbesluite nie.

Christelike Wetenskap het geen predikante nie. Die Bybel en “Science and Health” dien as pastoor en prediker. Bybellesse word daagliks bestudeer en hardop Sondag gelees deur twee verkose lidmate van elke plaaslike gemeente. Christelike Wetenskapskerke hou ook weekliks getuienisbyeenkomste, waar gemeentelede gebeure van genesing en herstel kan beleef.

Van al die Christelike kultusse, is “Christelike Wetenskap” die onakkuraatste. Christelike Wetenskap is nie Christelik of wetenskaplik gebaseer nie. Dit ontken al die fundamentele waarhede van die Christelike sisteem. Om die waarheid te sê, dit is in stryd met die wetenskap en dui daarop dat die mistieke “new-age” geestelikheid die pad is vir fisiese en geestelike genesing. Christelike Wetenskap moet erken en verwerp word as die anti-Christelike kultus, wat dit wel is.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat is Christelike Wetenskap?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries