Waarom behoort ek in Christus se opstanding te glo?




Vraag: "Waarom behoort ek in Christus se opstanding te glo?"

Antwoord:
Dit is n aanvaarde feit dat Jesus Christus in die 1st eeu A.D. in Judea in die openbaar tereggestel en gekruisig is, onder Pontius Pilatus, in opdrag van die Joodse Sanhedrin. Die nie-Christen historiese verslae van Flavius Josephus, Cornelius Tacitus, Lucian van Samosata, Maimonides en selfs die Joodse Sanhedrin staaf die vroe Christen-verslae van ooggetuies van hierdie belangrike historiese feite van die dood van Jesus Christus.

Daar is verskillende bewyse vir Sy opstanding, wat die saak ondersteun. Die ontslape en briljante regsgeleerde en internasionale staatsman, Sir Lionel Luckhoo (van The Guinness Book of World Records vir sy ongewenaarde 245 opeenvolgende moordvryspraak-verdedigings) het Christen-entoesiasme en vertroue versterk, rakende die opstanding, toe hy geskryf het, Ek het 42 jaar as verdedigende regsgeleerde in hofsake in baie dele van die wreld verskyn en ek is steeds nog in die praktyk werksaam. Ek was gelukkig om vele suksesse in jurie-verhore te behaal en ek s ondubbelsinnig dat die bewys van die Opstanding van Jesus Christus so oorweldigend is, dat die aanvaarding van bewys noodsaaklik is en daar geen ruimte gelaat word om daaraan te twyfel nie.

Die sekulre gemeenskap se reaksie teenoor dieselfde getuienis is voorspelbaar onverskillig, ooreenkomstig hulle standvastige verbintenis met die metodologiese naturalisme. Vir diegene wat oningelig is oor di term, dit is die menslike poging om alles slegs in terme van natuurlike oorsake te verduidelik. Wanneer n beweerde geskiedkundige gebeurtenis natuurlike verduideliking vereis (bv. n bonatuurlike opstanding) word dit gewoonlik met oorweldigende skeptisisme deur sekulre geleerdes benader, ongeag die bewyse of hoe gunstig en belangrik dit mag wees.

In ons geval is so n onwrikbare houvas teenoor natuurlike oorsake, ongeag strydige wesenlike getuienis, nie bevorderlik vir n onpartydige (en dus voldoende) ondersoek van die getuienis nie. Ons stem saam met dr Wernher von Braun en verskeie ander, wat steeds glo, om n populre filosofiese vooraf-ingesteldheid te forseer, staan in objektiwiteit se pad. Of in dr Von Braun se eie woorde, Om geforseer te word om net in een gevolgtrekking te glo.sou die totale objektiwiteit van die wetenskap op sigself skend.

Na aanleiding van bogenoemde, kom ons ondersoek die verskillende getuienis-artikels, wat ten gunste van die opstanding is.

Die Eerste Getuienis-skrif oor Christus se Opstanding

Om mee te begin, ons het bewysbare, ernstige ooggetuienis as verklaring. Vroe Christen- apologete haal honderde ooggetuies aan, waarvan sommige hul eie beweerde verklaring gedokumenteer het. Baie van hierdie ooggetuies het vrywillig en vasberade langdurige marteling en die dood verduur, eerder as om hul getuienis te ontken. Hierdie feit dra by tot hul opregtheid

en dit skakel misleiding ten opsigte van hul kant uit. Volgens historiese rekordhouding (Hand 4:1-17; Pliny se briewe aan Trajan X, 96, ens.) kon die meeste Christene hul lyding beindig het, deur doodeenvoudig hulle geloof prys te gee. In plaas daarvan het die meeste verkies om die lyding te verduur en aan Christus se opstanding vas te hou tot die dood toe.

Martelaarskap is merkwaardig, maar nie noodsaaklik nie. Dit bekragtig nie n geloof soseer, as wat dit n gelowige waarmerk nie (deur sy of haar opregtheid op n tasbare wyse uit te beeld nie.) Hulle het eerder vir Jesus Christus lewendig en gesond na Sy dood gesien of hulle het dit gemis. Dit is buitengewoon. As dit alles n leuen was, waarom sou so baie daarmee aangehou het? Waarom sou hulle, ten spyte van die feit dat hul geweet het, aan so n vrugtelose leuen vasgeklou het en vervolging, gevangenisskap, marteling en die dood in die gesig gestaar het?

Terwyl die September 11, 2001, selfmoordkapers sonder twyfel geglo het wat hulle bely het (soos wat hul gewilligheid om voor te sterf, getuig het), kon hulle nie en het hul nie geweet dat dit waar was nie. Hulle het hul vertroue in tradisies, wat oor baie geslagte heen gekom het, geplaas. Daarteenoor was die Christen-martelaars die eerste generasie. Of hul het gesien waarvoor hul gestaan het f nie.

Onder die bekendste van die belydende ooggetuies was die Dissipels van Jesus. As groep het hulle n onmiskenbare verandering ondergaan, as ons kyk na hul teenwoordigheid saam met Christus, na Sy opstanding. Tydens die kruisiging het hulle vir hul lewens uit vrees gevlug. Met Sy opstanding het hulle op straat met dapperheid van Sy opstanding getuig, ongeag toenemende vervolging. Wat het bygedra tot hulle skielike en dramatiese verandering? Dit was sekerlik nie finansile gewin nie. Die Dissipels het alles wat hul besit het, prysgegee, insluitende hul lewens, om die opstanding te verkondig.

Die Tweede Getuienis-skrif oor Christus se Opstanding

n Tweede getuiens-skrif bestaan uit die gesprekke van sekere sleutelskeptici, veral Paulus en Jakobus. Paulus het self erken dat hy n wrede vervolger van die vroe Kerk was. Na sy ontmoeting met die opgestane Christus, soos hy dit beskryf het, het Paulus n onmiddellike en drastiese verandering, vanaf n boosaardige vervolger van die Kerk tot een van die mees produktiewe aanhangers geword. Soos baie van die vroe Christene, het Paulus ook gely onder armoede, vervolging, slae, gevangenskap en die doodstraf, vir sy volgehoue toewyding rakende Christus se opstanding.

Jakobus was skepties, tog was hy nie so vyandig soos Paulus nie. n Beweerde ontmoeting met Christus, na die opstanding, het hom in n standvastige, opregte gelowige omgekeer, n leier van die Kerk in Jerusalem. Daar bestaan nog n brief aan die vroe Kerk, wat geleerdes as een van syne beskou. Soos Paulus het Jakobus ook vrywillig vir sy getuienis gely en gesterf, n bewys van die opregte geloof wat hy gehad het (sien die boek Handelinge en Josephus se Antiquities of the Jews XX, ix, 1).

Die Derde en Vierde Getuienis-skrifte oor Christus se Opstanding

n Derde en vierde getuienis-skrif van vyandiggesinde bewyse, rakende die le graf en die feit dat geloof in die opstanding in Jerusalem ontstaan het. Jesus was in die openbaar tereggestel en in Jerusalem begrawe. Dit sou onmoontlik wees dat geloof in Sy opstanding in Jerusalem begin het, terwyl Sy liggaam nog in die graf was, waar die Sanhedrin dit kon opgrawe, in die openbaar kon tentoonstel en daarby nog die bedrog oopvlek. In plaas daarvan, het die Sanhedrin die dissipels daarvan beskuldig dat hul die liggaam gesteel het, klaarblyklik in n poging om die verdwyning daarvan te verduidelik (en dus ook die le graf). Hoe verduidelik ons die feit van die le graf? Hier is die drie algemeenste verklarings:

Eerstens, die dissipels het die liggaam gesteel. Indien dit die geval was, behoort hulle geweet het, dat die opstanding n bedrogspul was. Hulle sou nie so gewillig gewees het om daarvoor te ly en te sterf nie. (Let op die eerste getuienis-skrif aangaande opregte ooggetuie-bewyslewering.) Al die beweerde ooggetuies sou geweet het dat hulle nie werklik vir Christus gesien het nie en het daarom nie die waarheid gepraat nie. Met so baie samesweerders, sou iemand tog sekerlik erken het, dat al sou hy nie sy eie lyding beindig het nie, dan tog ten minste di van sy vriende en familie. Die eerste generasie Christene was absoluut wreedaardig behandel, veral die verbranding in Rome in A.D. 64 (n vuur wat Nero volgens bewering laat maak het, om spasie te kry om sy paleis uit te brei, maar waarvoor hy die Romeinse Christene beskuldig het, in n poging om homself te regverdig). Die Romeinse geskiedskrywer, Cornelius Tacitus het in sy Annals of Imperial Rome geskryf (net n generasie na die vuur gepubliseer):

Nero het die skuld en wreedste martelinge op n groep, wat gehaat is vir hul afskuwelikhede, geplaas. Hulle is deur die gepeupel Christene genoem. Die naam het sy oorsprong van Christus, wat gedurende die regering van Tiberius die uiterste straf moes dra, gevolmagtig deur Pontius Pilatus en so het n skadelike bygeloof nie net in Judea ontstaan, die eerste oorsprong van die boosheid nie, maar selfs in Rome, wat die sentrum geword het, vanwaar alles wat afskuwelik en skandelik was, vanaf alle wrelddele, populr geraak het. Volgens oorlewering is almal wat skuldig gepleit het, gearresteer en met behulp van hul inligting is groot hoeveelhede gevonnis, nie soseer as gevolg van die vuur nie, maar as gevolg van haatgevoelens. Bespotting van enige aard is bygevoeg tot hul dood. Hulle is bedek met ongediertes se velle, stukkend geskeur deur honde, gekruisig of verbrand, om te dien as nagtelike vermaak, wanneer die daglig verstryk het. (Annals, XV, 44)

Nero het luister verleen aan sy tuinpartye deur Christene lewendig te verbrand. Iemand sou tog sekerlik die waarheid bely het onder die lyding van soveel pyn. Die feit is, daar bestaan geen rekord van enige vroe Christen, wat sy geloof prysgegee het om sy lyding te beindig nie. Ons het egter baie bewyse van verskynings na die opstanding en honderde ooggetuies wat gewillig was om daarvoor te ly en te sterf.

As die dissipels nie die liggaam gesteel het nie, hoe sal ons die le graf verduidelik? Sommige het gemeen dat Christus Sy dood vervals het en later uit die graf ontsnap het. Dit is vanselfsprekend absurd. Volgens die ooggetuie-bewyse, is Christus geslaan, gemartel, geskeur en deursteek. Hy het interne beserings gely, n massiewe hoeveelheid bloed verloor, versmoring beleef en n spies deur Sy hart. Daar is geen goeie rede om te glo dat Jesus Christus (of enige ander mens) so n beproewing kon oorleef, Sy dood vervals, in n graf vir drie dae en nagte bly, sonder mediese aandag, kos of water, die massiewe klip, wat Sy graf versel het, verwyder, sonder beskerming vlug (sonder om n bloedspoor na te laat), honderde ooggetuies oortuig het dat Hy uit die dood opgestaan en in goeie gesondheid verkeer het en dan sonder enige spoor verdwyn. So n opvatting is belaglik.

Die Vyfde Getuienis-skrif van Christus se Opstanding

Laastens, n vyfde getuienis-skrif bevat n eienaardigheid van die ooggetuie-bewys. In al die belangrike opstandingsverhale, word vroue as die eerste en primre ooggetuies beskou. Dit moes n sonderlinge ontdekking gewees het, want in beide die antieke Joodse en Romeinse kulture was vroue erg geminag. Hulle getuienis was beskou asof van geen waarde en betekenisloos. Gegewe hierdie feit, is dit hoogs onwaarskynlik dat enige samesweerders van n bedrogspul in die eerste-eeuse Judea, vroue sou gekies het as hul hoofgetuies. Waarom sou die manlike dissipels, van almal wat daarop aanspraak gemaak het dat Jesus opgestaan het, die getuies met die minste geloofwaardigheid gekies het, as hulle almal gelieg het en die opstanding vals was?

Dr William Lane Craig verduidelik, As jy die rol van vroue in die eerste-eeuse Joodse gemeenskap verstaan, dan is dit regtig buitengewoon, dat vroue as die eerste ontdekkers van die le graf vermeld word. Vroue was op n baie lae ranglys op die sosiale leer in Palestina gedurende die eerste eeu. Van die ou rabbis het gesegdes soos die volgende gehad, Die woorde van die wet kan liewer verbrand word, as wat dit aan vroue oorgedra word en gesend is hy wie manlike kinders het, maar wee hom wie vroulike kinders het. Die getuienisse van vroue was as waardeloos beskou, sodanig dat hulle nie eers as wettige getuienis in die Joodse geregshof kon dien nie. In die lig hiervan gesien, is dit absoluut merkwaardig dat hierdie vroue as die hoofgetuies van die le graf gedien hetenige latere legendariese bewys sou sekerlik die manlike dissipels erken het as die eerstes wie die graf ontdek het Petrus of Johannes, byvoorbeeld. Die feit dat vroue die erkenning gekry het, word deur die realiteit verduidelik hou daarvan of nie - hulle was die ontdekkers van die le graf! Dit is n bewys dat die skrywers van die Evangelie met eerlikheid geskryf het oor wat gebeur het, al was dit ontstellend. Hierdie bespreek eerder die historiese sy van hierdie tradisie, as die legendariese status. (Dr William Lane Craig, aangehaal deur Lee Strobel, The Case for Christ, Grand Rapids: Zondervan, 1998, p. 293)

Opsomming

Hierdie getuienis-skrifte: die demonstrasie van die opregtheid van die ooggetuies (en in die Dissipels se geval, onverklaarbare verandering), die omkering en opregtheid van sleutel- antagoniste- en skepties-omgekeerde martelare, die feit van die le graf, vyandige bewyslewering van die le graf, die feit dat alles in Jerusalem plaasgevind het, waar geloof in die opstanding ontstaan en gegroei het, die getuienis van die vroue, die belangrikheid van so n getuienis, gegewe die historiese konteks; hierdie getuig almal van die opstanding as geskiedkundige gebeurtenis. Ons wil ons lesers aanmoedig om sorgvuldig hierdie getuienisse te oorweeg. Wat laat dit in jou gedagtes opkom? Nadat ons daaroor nagedink het, bevestig ons Sir Lionel se verklaring:

Die getuienis vir die Opstanding van Jesus Christus is so oorweldigend, dat dit die aanvaarding van bewys noodsaaklik maak en dit geen ruimte vir twyfel laat nie.


Terug na die Afrikaanse tuisblad

Waarom behoort ek in Christus se opstanding te glo?