settings icon
share icon
Vraag

Hoekom laat God toe dat slegte dinge met goeie mense gebeur?

Antwoord


Hierdie is een van die moeilikste vrae in teologie. God is onsterflik, almagtig, alwetend, en bo alles, alomteenwoordig. Hy is perkeloos en bo menslike begrip. Hoe kan mens wat nie hierdie eienskappe het nie verwag dat hulle God se wyse sal verstaan? In Job word hierdie aspek juis behandel. God het Satan toegelaat om Job aanteval en enige iets met Job te doen wat hy wou, behalwe om Job se lewe te neem. En wat was Job se reaksie op hierdie aanval? “Al sou God my doodmaak, ek hoop op Hom” (Job 13:15 – ou vertaling). "Sonder iets het ek in die wêreld gekom en sonder iets gaan ek daaruit. Die Here het gegee en die Here het geneem. Prys die Naam van die Here." (Job 1:21). Job het nie verstaan hoekom God hierdie dinge toelaat nie, maar hy het geweet dat God goed is en sy vertroue op die Here het nooit gewankel nie. Dit is ook wat ons moet doen.

Hoekom gebeur goeie dinge met slegte mense? Die Bybel vertel ons dat daar geen “goeie” mense op die aarde is nie. Die Bybel maak dit duidelik dat ons almal met sonde bevlek is (Prediker 7:20; Romeine 6:23; 1 Johannes 1:8). Romeine 3:10 – 18 verduidelik hierdie aspek, dat geeneen “goed” is nie, baie duidelik. "Daar is nie een wat regverdig is nie, selfs nie een nie, daar is nie een wat verstandig is nie; daar is nie een wat na die wil van God vra nie. Almal het afgedwaal, almal het ontaard. Daar is nie een wat goed doen nie, selfs nie een nie. Hulle keel is 'n oop graf, met hulle tonge bedrieg hulle. Oor hulle lippe kom woorde so giftig soos slange, hulle mond is vol vervloeking en bitterheid. Hulle voete is vinnig om bloed te vergiet. Hulle laat 'n spoor van verwoesting en ellende agter. Die pad van vrede het hulle nie leer ken nie, ontsag vir God het hulle nie”. Alle mense op aarde verdien om hel toe te gaan. Ons moet besef dat elke sekonde wat ons lewe hier op aarde net te danke is aan die genade van God, maak nie saak watter vlak van ellende ons ervaar nie.

Ja, partykeer is dit moeilik om te sien dat slegte dinge met goeie mense gebeur en ons voel dat dit onregverdig is, maar God laat dit toe vir redes wat ons nie nou sal verstaan nie. God bly goed, liefdevol, regverdig, genadiglik en sy wysheid is ver bo dit wat ons kan begryp. Inplaas van om God te bevraagteken moet ons liewers net op Hom vertrou “Vertrou volkome op die Here en moenie op jou eie insigte staat maak nie. Ken Hom in alles wat jy doen en Hy sal jou die regte pad laat loop” (Spreuke van Salomo 3:5-6).

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Hoekom laat God toe dat slegte dinge met goeie mense gebeur?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries