settings icon
share icon
Vraag

Was Noag se vloed lokaal of wereldwyd?

Antwoord


Die Bybel verse maak dit duidelik dat die vloed wereldwyd versprei was. Genesis 7:11 verklaar, “Presies op die sewentiende dag van die tweede maand van die ses honderdste jaar van Noag het die fonteine van die groot waters oopgebreek. Die vensters van die hemel is oopgemaak.” Genesis 1:6-7 en 2:6 vertel ons dat die omgewing (of omstandighede) heelwat anders in daardie tyd was as wat ons vandag kan sien. Gebaseer op hierdie, asook ander beskrywings in die Bybel is dit redelik om te aanvaar dat daar ‘n tyd was toe die aarde bedek was met ‘n tiepe van ‘n water massa. Hierdie bedekking kon moontlik ‘n vogtige bedekking gewees het, of miskien “ringe” soos byvoorbeeld Saturn se ys ringe. Hierdie saam met ‘n laag onderaartse water, wat oor die aarde gestort was (Genesis 2:6) kon baie moontlik ‘n globale vloed veroorsaak het.

Die duidelikste verse in die Bybel wat die omvang van die vloed beskryf word gevind in Genesis 7:19-23, “Die waters op die aarde het nog meer en meer geword, sodat hulle al die hoë berge wat daar onder die hemel is, bedek het. Die water het amper sewe meter bokant die berge gestyg en dit bedek. Al wat op die aarde geleef het, het omgekom: diere wat kruip, voëls, mak diere, wilde diere, ja, alles wat op aarde wemel, ook al die mense; alles wat die lewensasem in die neus gehad het, alles wat op land geleef het, is dood. So het God alles wat op die aarde geleef het, uitgewis: mens en dier, ook dié wat kruip, en die voëls, hulle almal is weggevee van die aarde af. Net Noag en dié by hom in die ark is gespaar”.

In die bogenoemde stuk, vind ons nie alleenlik dat die woord “al” herhaaldelik gebruik word nie, maar sien ons ook “al die hoë berge wat daar onder die hemel” was bedek en “die water het amper sewe meter bokant die berge gestyg en dit bedek” en “al wat op die aarde geleef het, het omgekom”. Hierdie beskywings dui duidelik op ‘n algehele wereld vloed. Nog iets om te oorweeg is, indien dit net ‘n lokale vloed was, hoekom sou God vir Noag sê dat hy ‘n ark moet bou instede van om net die diere na ‘n ander (droë) plek te neem? En hoekom sou God dan vir Noag instruksie gee om so ‘n groot ark te bou wat al die diere sou kon huisves? Indien die vloed nie wereldwyd was nie sou daarmos geen nut gewees het vir ‘n ark nie.

Petrus beskryf ook ‘n wereldwye vloed in 2 Petrus 3:6-7, “En dit is ook deur water dat die wêreld van daardie tyd oorstroom is en vergaan het. Maar die hemel en die aarde van vandag is bestem en word bewaar vir die vuur, ook deur die woord van God, en word in stand gehou tot op die dag waarop die goddelose mense veroordeel en verdelg sal word”. Met hierdie verse vergelyk Petrus die komende oordeel met die wereldwye vloed tydens Noag se tyd, omrede hy sê dat die wereld toe bedek was met water. Baie Bybel skrywers het oor hierdie historiese gebeurtenis geskryf (Jesaja 54:9; 1 Petrus 3:20; 2 Petrus 2:5; Hebreers 11:7). Jesus Christus het ook in die wereldwye vloed geglo en dit gebruik om die einde van die wereld te beskryf - wanneer Hy terugkeer (Matheus 24:37-39; Lukas 17:26-27).

Daar bestaan ook baie geskrifte buite die Bybel wat ‘n wereldwye rampspoedige gebeurtenis, soos die vloed, beskryf. Daar is baie fossiel grafte wat op elke kontinent gevind kan word asook baie steenkool neerslae wat beteken dat daar ‘n aansienlike groot hoeveelheid plantegroei in ‘n baie kort tydtjie bedek was. Regdeur die wereld vind ons oseaan fossiele op berge. Die verskillende kulture in die wereld het almal ‘n storie van ‘n vloed. Al hierdie feite vertel ons dat daar ‘n globale vloed was.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Was Noag se vloed lokaal of wereldwyd?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries