settings icon
share icon
Vraag

Hoekom is die maagdelike geboorte so belangrik?

Antwoord


Die leerstelling van Jesus se maagdelike geboorte is van uiterste belang (Jesaja 7:14; Matteus 1:23; Lukas 1:27; 34). Kom ons kyk hoe die Bybel hierdie gebeurtenis beskryf. Op Maria se vraag “Maar hoe kan ek ‘n kind hê? Ek was nog nooit by ‘n man nie” (Lukas 1:34) antwoord die engel Gabriël, “Die Heilige Gees sal oor jou kom en die krag van die Allerhoogste sal oor jou toevou” (Lukas 1:35). Die engel het ook aan Josef gesê om nie aftesien van sy huwelik met Maria nie met hierdie woorde: “Die Kindtjie wat sy dra, is gewek deur die Heilige Gees” (Matteus 1:20). Matteus vertel ons dat die maagd “Die Heilige Gees het die baba in haar verwek”. Galasiërs 4:4 vertel ook van die maagdelike geboorte: “het God Sy Seun gestuur. Hy is uit ‘n vrou gebore”.

Van hierdie verse, is dit baie duidelik dat Jesus se geboorte was ‘n gevolg van die Heilige Gees se werking in Maria se ligaam. Die onstoflike (die gees) en stoflike (Maria se liggaam) was altwee betrokke. Dit is mos onmoontlik dat Maria haarself verwagtend kon maak en was sy net die “voertuig”. Net God kon hierdie wonderwerk van vleeswording laat gebeur.

Dit was belangrik dat daar ‘n fisiese band tussen Jesus en Maria was om sodoende Jesus se mens-wees te bewerkstellig. Die Bybel vertel ons dat Jesus was geheel en al mens, met ‘n liggaam net soos ons en hierdie het Hy deur Maria gekry.Terselfde tyd was Jesus ook God met ‘n ewige sondelose natuur (Johannes 1:14; 1 Timoteus 3:16; Hebreërs 2:14-17).

Jesus was nie in sondes gebore nie (soos ons), Hy het nie ‘n sondige natuur gehad nie (Hebreërs 7:26). Die sondige natuur van mens word van generasie na generasie oorgeplaas (Romeine 5:12, 17 en 19). Die maagdelike geboorte van Jesus het hierdie oorplasing (van mens se sondige natuur) vrygespring en daardeur het die Ewige God die perfekte mens geword.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Hoekom is die maagdelike geboorte so belangrik?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries