settings icon
share icon
Vraag

Watter siening is korrek, Johannes Kalvyn of James Arminius?

Antwoord


Kalvinisme en Armenisme is twee verskillend teologiese sisteme wat poog om die verhouding tussen God se soewereiniteit en mens se verantwoordelikheid te verduidelik sover as wat dit mens se redding aangaan. Kalvinisme is vernoem na John Calvin, ‘n Franse teoloog wat gelewe in van 1509 tot 1564. Armenisme is vernoem na James Arminius, ‘n Hollandse teoloog wat gelewe het tussen 1560 tot 1609.

Beide sisteme kan opgesom word deur vyf hoofpunte. Kalvinisme hou vas aan die totale verdorwenheid van mens terwyl Armenisme vashou aan gedeeltelike verdorwenheid. Totale verdorwenheid stel dat elke aspek van mensdom bevlek is deur sonde en mens kan nie deur hul eie wil na God kom nie. Gedeeltelike verdorwenheid stel dit dat elke aspek van mens bevlek is met sonde, maar kan wel deur hul eie wil geloof tot God hê.

Kalvinisme sluit in dat uitverkiesing onvoorwaardelik is, terwyl Armenisme glo in voorwaardelike uitverkiesing. Onvoorwaardelike uitverkiesing is die siening dat God individue verkies tot redding wat gebaseer is op God se Wil alleen en mens het geen keuse in die saak nie. Voorwaardelike verkiesing sê dat God individue kies gebasseer hul geloof in Jesus Christus vir hul redding en saligmaking. Alhoewel God weet (Hy het ‘n voorwete) wie gered sal word en wie nie, is dit nog steeds op die voorwaarde dat die individu God aanroep of kies.

Kalvinisme sien boetedoening (betaling vir ons sondes) as beperk terwyl Armenisme dit sien as onbeperk. Hierdie is die mees betwiste aspek van al vyf punte verskille. Beperkte boetedoening is die siening dat Jesus net vir die uitverkorenes gesterf het dws die wat gekies word. Onbeperkte boetedoening, is die siening dat Jesus vir almal gesterf het maar dat Sy dood nie effektief is alvorens ‘n persoon Jesus Christus deur geloof ontvang het nie.

Kalvinisme sê dat God se genade onweerstaanbaar is, terwyl Armenisme sê dat die individu kan God se genade weerstaan. Onweerstaanbare genade sê dat wanneer God iemand roep tot redding dan sal daardie persoon tot redding kom (hy of sy het geen keuse nie). Weerstaanbare genade sê dat wanneer God iemand roep tot redding is dit moontlik dat mense dit weerstaan en God kan verwerp.

Kalvinisme hou vas aan die volharding van die gelowiges terwyl Armenisme glo in voorwaardelike redding. Volharding van gelowiges verwys na die konsep dat die persoon wat gekies is deur God sal bly staan in geloof en sal nie Christus permanent kan ontken nie of Jesus kan teenstaan nie. Voorwaardelike redding is die siening dat ‘n gelowige deur eie wil van Christus kan afsien en daardeur hul redding en saligmaking kan verloor.

So, Kalvinisme of Armenisme, wie is korrek? Dit is baie interesant om waar te neem dat in die liggaam van Christus daar baie mengsels van hierdie twee sienige bestaan. Daar bestaan suiwer vyf-Kalvinistiese en die vyf-Armenistiese groepe, maar ook in dieselfde tyd bestaan daar drie-Kalvinistiese en drie-Armenistiese groepe en selfs baie ander kombinasies van hierdie twee sienings. Uiteindelik is dit ons siening dat hierdie twee sieninge fouteer omrede dit poog om iets te verduidelik wat nie deur mens verduidelik kan word nie. Dit is nie in die vermoë van mens om hierdie volkome te verstaan nie. Ja, God is soewerein en almal weet dit. Ja, mense word geroep om ‘n besluit te neem of hulle hul geloof op Christus sal plaas vir hul redding. Hierdie twee aspekte blyk teenstrydig vir ons, maar vir God maak dit perfekte sin.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Watter siening is korrek, Johannes Kalvyn of James Arminius?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries