settings icon
share icon
Vraag

Het Jesus hel toe gegaan tussen die periode van Sy afsterwe en heropstanding?

Antwoord


Daar bestaan baie verwarring oor hierdie vraag. Die konsep kom hoofsaaklik van die Apostoliese gelowe wat stel, “Jesus het neergedaal na hel”. Daar is sekere vertalings wat dit so vertaal dat dit aantoon Jesus het hel toe gegaan. In die studie van hierdie aspek is dit eerstens belangrik dat ons verstaan wat die Bybel ons leer oor die koningkryk van die dood.

In Hebreeuse manuskripte word die woord sheol gebruik om die koningkryk van die dood te beskryf. Dit beteken slegs “plek van die dood” of “plek vir siele/geeste”. Die Nuwe Testament Grieks vertaal dit as “hades”, wat ook vertaal word as “plek van die dood”. Ander manuskripte in die Nuwe Testament verwys sheol/hades as ‘n tydelike plek waar siele gehou word in afwagting vir finale opstanding en veroordeling. Openbaring 20:11-15 verduidelik die verskil baie duidelik. Hel (poel van vuur) is ‘n permanente en finale plek van die wat verlore is. So die antwoord is, Jesus het nie hel toe gegaan want hel is ‘n permanente plek wat eers tot stand kom na die finale oordeelaankondiging (Openbaring 20:11-15).

Sheol/hades is ‘n koningkryk met twee gedeeltes of divisies (Matteus 11:23; Luke 10:15; Handelinge 2:27-31), die tuiste van die wat gered en die wat verlore gaan. Die tuiste van die wat gered word, word “paradys” en “Abraham se boesem” genoem. Die tuiste van die wat gered en verlore gaan, word geskei deur die “groot kloof” (Lukas 16:26). Toe Jesus opvaar in die hemel het hy die bewoners van in die paradys (gelowiges) saam met Hom geneem (Efesie̎rs 4:8-10). Die verlore deel (of divisie) het onveranderd gebly. Al die ongelowiges gaan daarna en wag vir die finale veroordeling. Het Jesus na sheol/hades gegaan? Ja, volgens Efesie̎rs 4:8-10 asook Petrus 3:18-20.

Verwarring bestaan vanwee verse soos Psalms 16:10-11 wat sê, “Want aan die doderyk sal U my nie prysgee, of toelaat”; waar “doderyk” nie heeltamal korrek vertaal word nie en moes dit eerder as “die graf” of “sheol” vertaal gewees het. Jesus sê aan die dief langs Hom op die kruis, “Jy sal vandag nog saam met my in die paradys wees” (Lukas 24:43). Jesus se liggaam was in die graf; Sy siel/gees het na paradys-kant van sheol/hades gegaan. Hy het toe al die gelowiges saam met Hom hemel toe geneem. Ongelukkig fouteer baie vertalings sheol / hades / doderyk van Hebreeus en Grieks.

Sommige menings stel dat Jesus hel (doderyk) toe gegaan het om soedoende nog meer te gestraf te word vir ons sondes, maar hierdie is geensins Bybels nie. Jesus se dood op die kruis en Sy leiding was genoegsaam vir ons verlossing. Dit was Sy bloed wat ons skoon gewas het van sonde (1 Johannes 1:7-9). Soos Hy op die kruis gehang het, het Hy die sondes van die hele mensdom op Homself geneem. Hy het sonde vir ons geword, “God het Hom wat nie sonde geken het nie, sonde gamaak ter wille van ons sodat ons, op grond van ons eenheid met Christus, deur God vrygespreek kan word” (2 Korintie̎rs 5:21). Die toeskrywing van sonde help ons om Jesus se worsteling in die tuin van Getsemanie te verstaan.

Toe Jesus aan die kruis uitroep, “My God, My God waarom het U My verlaat” (Matteus 27:46), was toe Jesus van Sy Vader geskei was en toe God sonde oor Hom uitgestort het. Toe Jesus daarna Sy gees opgee het Hy gesê, “Vader, in U hande gee Ek my gees oor” (Lukas 23:46). Sy leiding was toe voltooi. Jesus se gees het toe na die paradys kant van hades gegaan, Jesus het nie hel toe gegaan nie. Jesus se leiding was klaar die oomblik toe Hy sterf. Die betaling vir sondes was toe betaal. Jesus het daarna gewag vir Sy opstanding en Sy terugkeer na glorie tydens Sy opvaart. Het Jesus hel toe gegaan? Nee. Het Jesus na sheol/hades gegaan? Ja.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Het Jesus hel toe gegaan tussen die periode van Sy afsterwe en heropstanding?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries