settings icon
share icon
Vraag

Wat is die Here se gebed en hoe moet ons bid?

Antwoord


Die Here se Gebed is ‘n gebed wat Jesus vir Sy dissipels geleer het in Matteus 6:9-13 en Lukas 11:2-4. Matteus 6:9-13 sê, So moet julle bid: Ons Vader wat in die hemel is, laat U naam geheilig word; laat U koningkryk kom; laat U wil ook op die aarde geskied, net soos in die hemel. Gee ons vandag ons daaglikse brood; en vergeef ons ons oortredings soos ons die vergewe wat teen ons oortree; en laat ons nie in versoeking kom nie maar verlos ons van die Bose”. Baie mense is onder die indruk dat die Here se Gebed woord vir woord opgesê moet word. Party mense gebruik die Here se Gebed as ‘n wonder formule asof die woorde spesifieke krag en invloed op God sal hê.

Die Bybel leer net die teenoorgestelde. God is baie meer geintereseerd in ons harte wanneer ons bid as in net ons woorde. “”Nee, as jy bid, gaan na jou kamer toe, maak die deur toe en bid tot jou Vader wat jy nie kan sien nie. Jou Vader wat sien wat verborge is, sal jou beloon. Wanneer julle bid, moet julle nie soos die heidene ‘n stortvloed van woorde gebruik nie. Hulle verbeel hulle gebede sal verhoor word omdat hulle baie woorde gebruik” (Matteus 6:6-7). Met gebed moet ons ons harte oopmaak aan God (Filippense 4:6-7) en nie net woorde voordra wat ons geleer het nie.

Die Here se Gebed moet as ‘n voorbeeld gesien word, menende hoe om te bid. Dit wys vir ons die inhoud wat in ‘n gebed moet of kan wees. Kom ons kyk hierna. “Onse Vader wat in die hemel is” – wys ons dat ons gebed aan die Vader opdra. “laat U naam geheilig word” – wys dat ons God moet loof en prys vir wie Hy is. “U koningkryk kom, U wil geskied op aarde soos in die hemel” – wys dat ons tot God se plan moet bid en nie hierdie wereld se plan of ons eie plan nie. Ons moet vir God se plan bid en nie ons eie begeertes nie. Ons word wel aangemoedig om wel vir God te vra vir die dinge wat ons nodig het met – “gee ons ons daaglikse brood”. “Vergeef ons ons oortredings soos ons die vergewe wat teen ons oortree” – wys dat ons ons sondes moet oopvlek teenoor God sodat ons dit nie weer doen nie en dit vertel ons ons moet ander mense vergewe. Die slotsom van die Here se Gebed, “laat ons nie in versoeking kom nie maar verlos ons van die Bose” – toon aan dat ons God se hulp nodig om sondes te oorkom en ons te beskerm teen aanvalle van die duiwel.

Om dus saam te vat sê ons dat die Here se Gebed nie iets is wat ons moet memoriseer en opsê nie. Dit is slegs ‘n voorbeeld hoe ons moet bid. Is daar dan iets verkeerd om dit wel te memoriseer en optesê? Geensins nie. Is daar iets verkeerd om die Here se Gebed terug te bid tot God? Ook nie, ons moet net seker maak dat dit van ons harte afkom en betekenis vol is. Onthou, die Here stel belang in ons gesprek met Hom en Hy wil ook ons harte sien en nie net woorde wat oor en oor gesê word nie. Filippense 4:6-7 verklaar, “Moet oor niks besorg wees nie, maar maak in alles julle versoeke deur gebed en smeking en met danksegging aan God bekend. En die vrede van God wat alle verstand te bowe gaan, sal oor julle harte en gedagtes die wag hou in Jesus Christus”.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat is die Here se gebed en hoe moet ons bid?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries