Hoekom het God vir Jesus op ‘n bepaalde tyd gestuur? Hoekom nie vroeër nie? Hoekom nie later nie?




Vraag: "Hoekom het God vir Jesus op ‘n bepaalde tyd gestuur? Hoekom nie vroeër nie? Hoekom nie later nie?"

Antwoord:
“Maar toe die tyd wat God daarvoor bepaal het, aangebreek het, het Hy Sy Seun gestuur. Hy is uit ‘n vrou gebore en van sy geboorte af was Hy aan die wet onderworpe” (Gal 4:4). Hierdie vers verklaar dat God die Vader Sy Seun gestuur het, toe die bepaalde tyd daarvoor aangebreek het. Gedurende die eerste eeu het daar baie dinge gebeur, volgens menslike redenasie, wat dit ideal gemaak het vir Christus om op daardie spesifieke tyd, te kon kom.

Eerstens was daar ‘n groot verwagting onder die Jode van daardie tyd, dat die Messias sou kom. Die Romeinse regering oor Israel het die Jode honger gemaak vir die Messias se koms.

Tweedens het Rome ‘n groot deel van die wêreld onder sy bewind verenig, wat ‘n eenheidsgevoel tussen verskeie lande laat ontstaan het. Ook omdat die keiserryk betreklik vreedsaam was, was dit moontlik om te reis en sodoende kon die vroeë Christene die Evangelie versprei. Sulke vryheid was nie moontlik in ander eras nie.

Derdens, terwyl Rome militêr oorwin het, het Griekeland kultureel oorwin. ‘n Makliker en algemene vorm van die Griekse taal (anders as klassieke Grieks) was die handelstaal en is regdeur die ryk gepraat. Dit het dit moontlik gemaak om die Evangelie aan verskillende groepe mense , deur die gebruik van een algemene taal te bring.

Vierdens, die feit dat baie valse afgode misluk het om hulle oorwinning oor die Romeinse veroweraars te laat behaal, het veroorsaak dat baie die aanbidding van daardie afgode verban het. Gedurende dieselfde tyd, in die meer ‘gekultiveerde’ stede, het die Griekse filosofie en wetenskap van daardie tyd, sommige geestelik arm gelaat. Dit is op dieselfde wyse gedoen as wat die ateïsme van die kommunistiese regerings van vandag‘n geestelike leemte laat.

Vyfdens, die mistieke godsdienste van daardie tyd het ‘n god van redding verkondig en het van die aanbidders verwag om bloed-offerandes te offer. Dit het dus gemaak dat die Evangelie van Christus, wat een volmaakte offerande ingesluit het, vir hulle aanvaarbaar geword het. Die Grieke het ook in die onsterflikheid van die siel geglo (maar nie van die liggaam nie).

Sesdens, die Romeinse weermag het soldate vanuit die provinsies gewerf en hierdie manne blootgestel aan die Romeinse kultuur en idees (soos die Evangelie), wat toe nog nie daardie veraf provinsies bereik het nie. Die vroegste bekendstelling van die Evangelie aan Brittanje, was die resultaat van Christen-soldate , wat daar geplaas was, se pogings.

Die bogenoemde stellings is gebaseer op mense wat gespekuleer het oor watter bepaalde tyd in die geskiedenis ‘n goeie tyd vir Christus se koms sou wees. Ons verstaan egter dat God se gedagtes nie ons gedagtes is nie (Jes 55:8), dus kan dit of kan hierdie nié die redes wees , waarom Hy daardie spesifieke tyd gekies het om Sy Seun te stuur nie. Volgens Gal 3 en 4 is dit tog duidelik dat God gesoek het om ‘n fondament deur middel van die Joodse Wet te lê, wat dan die koms van die Messias sou voorberei. Die Wet was daar om mense te help om die ellende van hul sondigheid te verstaan (dat hul onbevoeg was om die Wet te onderhou) en so die genesing van daardie sonde deur Jesus die Messias geredelik sou wou aanvaar (Gal 3:22-23; Rom 3:19-20). Die Wet is ook in werking gestel (Gal 3:24) om mense na Jesus as die Messias te lei. Dit is gedoen deur die baie profesieë aangaande die Messias, wat Jesus volbring het. Voeg hierby die offergawestelsel, waarvoor ‘n offer vir sonde nodig was, asook die onvolmaaktheid daarvan (Elke offerande moes later nog weer opgevolg word met nog offerandes). Die Ou Testamentiese geskiedenis het ook prente van die persoon en werk van Christus geskilder, d.m.v. verskeie gebeurtenisse en godsdienstige feeste (soos die bereidwilligeheid van Abraham om vir Isak te offer of die besonderhede rakende die Paasfees , gedurende die uittog vanuit Egipte, ens.).

Laastens, Christus het gekom volgens die vervulling van ‘n sekere profesie. Dan 9:24-27 praat van die ‘sewentig tydperke’ of ‘sewe tydperke’. Dit verwys na groepe van sewe jare, nie sewe dae nie. Ons kan die geskiedenis ondersoek en die besonderhede van die eerste nege- en- sestig weke (die sewentigste week sal op ‘n toekomstige tydstip plaasvind). Die aftelling van die sewentig weke begin ‘vandat die opdrag gegee is dat Jerusalem herstel en herbou moet word’ (vers 25). Hierdie opdrag is gegee deur Artaxerxes Longimanus in 445 B.C. (lees Neh 2:5). Na afloop van sewe (‘sewes’ plus 62 ‘sewes’) 69 x 7 jare, lees die profesie, “Aan die einde van die twee en sestig tydperke sal ‘n regeerder onskuldig doodgemaak word. Die stad en die heiligdom sal verwoes word deur die volk van ‘n ander regeerder wat op die toneel sal verskyn. Die einde sal kom soos ‘n oorstroming; daar sal oorlog wees tot die einde toe, rampe soos besluit is.” (groot verwoesting) (v 26). Hier het ons ‘n onbetwisbare verwysing na die Verlosser se kruisdood. In Sir Robert Anderson se boek “The Coming Prince”, ‘n eeu gelede, gee hy volledige berekeninge van die 69 weke, deur gebruik te maak van ‘profetiese jare’, toelatings vir skrikkeljare, foute in die kalender, die oorgang van B.C. na A.D., ens., en so het hy vasgestel dat die 69 weke op die presiese dag van Jesus se triomftog in Jerusalem geëindig het, vyf dae voor Sy dood. Of hierdie tydsrooster gebruik word of nie, die feit bly staan dat die tydsberekening van Christus se inkarnasie verband hou met die uiteensetting van Daniël se profesie, vyfhonderd jaar vantevore.

Die berekening van Christus se inkarnasie was van so ‘n aard, dat die mense van daardie tyd vir Sy koms voorbereid was. Sederdien het die mense van elke eeu meer as genoeg getuienis, dat Jesus inderdaad die beloofde Messias was, deurdat Hy die Skrif vervul het, wat Sy koms in volle besonderhede geskilder en geprofeteer het.


Terug na die Afrikaanse tuisblad

Hoekom het God vir Jesus op ‘n bepaalde tyd gestuur? Hoekom nie vroeër nie? Hoekom nie later nie?