settings icon
share icon
Vraag

Is daar so iets soos ruimtewesens of VVV’s?

Antwoord


Eerstens, kom ons definieer “ruimtewesens” as “wesens wat daartoe instaat is om sedelike keuses te maak, wat oor intelligensie, emosie en ‘n vrye wil beskik.” Volgende, ‘n paar wetenskaplike feite:

1. Die mens het ruimtetuie na bykans elke planeet in ons sonnestelsel gestuur. Na waarneming van hierdie planete, het ons almal behalwe Mars en miskien een van Jupiter se mane uitgeskakel as lewensvatbaar.

2. In 1976, het die VSA twee landingsvaartuie na Mars gestuur. Elkeen het instrumente bevat wat in Marsgrond kon grawe en dit kon analiseer vir enige teken van lewe. Hulle het absoluut niks gevind nie. In teenstelling daarmee, as jy grond sou analiseer van die dorste woestyn op aarde, of die mees bevrore grond in Antartika, sal jy vind dat dit wemel van mikro-organismes. In 1997 het die VSA die “Pathfinder” na die oppervlak van Mars gestuur. Hierdie selfaangedrewe voertuig het meer monsters geneem en baie meer eksperimente uitgevoer. Dit het ook geen teken van lewe gevind nie. Sedertdien was daar verskeie verdere sendings na Mars. Die resultate was altyd dieselfde.

3. Sterrekundiges vind gereeld nuwe planete in veraf geleë sonnestelsels. Sommige meen dat die bestaan van so baie planete bewys is dat daar êrens anders in die heelal lewe moet wees. Die feit is dat nie een van hierdie planete as enigsins lewensvatbaar bewys kan word nie. Die geweldige afstande tussen die aarde en hierdie planete maak dit onmoontlik om te oordeel of hulle wel die vermoë het om lewe te onderhou. Met die wete dat slegs die aarde in ons sonnestelsel lewe kan onderhou, wil evolusioniste baie graag ‘n ander planeet in ‘n ander sonnestelsel vind wat die evolusieteorie kan staaf. Daar is baie ander planete in die heelal, maar ons weet beslis nie genoeg van hulle af om te kan bevestig of hulle in staat is om lewe te kan onderhou nie.

So, wat sê die Bybel? Die aarde en die mens is uniek in God se skepping. Genesis 1 leer ons dat God die aarde geskep het voordat Hy selfs die son, die maan, of die sterre gemaak het. Handelinge 17:24,26 sê “Die God wat die wêreld gemaak het en alles wat daarin is, Hy wat Here van hemel en aarde is, woon nie in tempels met hande gemaak nie. En Hy het uit een bloed al die nasies van die mensdom gemaak om oor die hele aarde te woon, terwyl Hy vooraf bepaalde tye en die grense van hulle woonplek vasgestel het.”

Oorspronklik was die mens sonder sonde, en alles in die wêreld was “baie goed” (Genesis 1:31). Die eerste sonde van die mens (Genesis 3) het gelei na verskeie probleme, ook siekte en dood. Selfs al doen diere nie sonde voor God nie (hulle is nie sedelike wesens nie), ly hulle ook en gaan ook dood (Romeine 8:19-22). Jesus Christus het gesterf om die straf wat ons vir ons sonde verdien weg te neem. Met Sy wederkoms sal Hy die vervloeking ongedaan maak wat sedert Adam ons opgelê is (Openbaring 21-22). Neem kennis dat Romeine 8:19-22 sê dat die hele skepping met reikhalsende verlange hierop wag. Dit is ook belangrik om te onthou dat Christus vir die mens gesterf het, en slegs eenmaal (Hebreers 7:27; 9:26-28; 10:10).

Indien die hele skepping nou onder hierdie vervloeking ly, sal enige lewe weg van die aarde af ook ly. Argumentshalwe, indien sedelike wesens op ander planete bestaan, sal hulle ook ly; indien nie nou nie, dan eendag verseker wanneer alles met gedruis verby sal gaan en die elemente sal brand en vergaan (2 Petrus 3:10). Indien hulle nooit gesondig het nie, sou God onregverdig wees om hulle te straf. Maar as hulle gesondig het, en Christus kan net eenmaal sterf (wat Hy reeds op aarde gedoen het), dan is hulle in hulle sonde verlaat, wat in teenstelling is met God se lankmoedigheid (2 Petrus 3:9). Dit laat ons met ‘n onoplosbare teenstrydigheid—tensy daar natuurlik geen sedelike wesens behalwe hier op aarde is nie.

Wat van nie-sedelike en gevoelose lewensvorme op ander planete? Kan daar alge of selfs honde en katte op ‘n ander planeet bestaan? Veronderstel so, en dit sal geen Bybelteks weerspreek nie. Maar dit sal beslis problematies wees om vrae te beantwoord soos “Aangesien die hele skepping ly, watter doel sou God gehad het om nie-sedelike en gevoelose lewensvorme op veraf planete te skep?”

Om mee af te sluit, die Bybel gee ons geen rede om te glo dat daar lewe elders in die heelal is nie. In teendeel, die Bybel gee ons verskeie sleutelredes waarom daar nie lewe elders kan wees nie. Ja, daar is baie vreemde en onverklaarbare dinge wat plaasvind. Daar is egter geen rede om hierdie verskynsels aan ruimtewesens of VVV’s toe te skryf nie. As daar ‘n waarneembare oorsaak vir hierdie sogenaamde gebeure is, is dit waarskynlik geestelik, en meer spesifiek, demonies van oorsprong.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Is daar so iets soos ruimtewesens of VVV’s?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries