settings icon
share icon
Vraag

Is daar foute, weersprekings en teenstrydigheid in die Bybel?

Antwoord


Wanneer ons die Bybel lees sonder enige voorbehoude en of bedoelings sal ons vind dit is duidelik, konstant en redelik maklik om te lees. Ja, daar is moeilike verse. Ja, daar is verse wat blyk of dit ander verse weerspreek. Ons moet onthou dat die Bybel geskryf is deur 40 verskillende skrywers oor ‘n periode van ongeveer 1500 jaar. Elke skrywer het sy eie styl, skryf vanuit ‘n ander perspektief, skryf aan ‘n spesifieke gehoor, vir ‘n spesifieke doel. Daarom is dit heel moontlik om dat daar klein verskille gevind sal word. Maar, ‘n verskil is nie ‘n weerspreking nie. Die Bybel sou slegs as foutief bestempel kon word indien daar geen denkbare wyse was dat gedeeltes en of verse nie met mekaar in ooreenstemming gebring kan word nie. Die feit dat daar nie antwoorde gevind kan word nie, beteken geensins dat antwoorde nie bestaan nie. Baie mense het al historiese of geografiese foute in die Bybel uitgewys, maar soos wat geografiese ontdekkings plaasvind kom dit dan navore dat die Bybel korrek was in die eerste plek.

Ons kry baie vrae soos byvoorbeeld, “Verduidelik hoe hierdie verse nie mekaar weerspreek nie”, of “Kyk hierdie fout in die Bybel!” Ons moet erken dat sommige van hierdie vrae moeilik is om te antwoord. Maar, ons hou vol dat daar vir elkeen van hierdie sogenaamde foute of weerspekings wel ‘n lewensvatbare en intellektuele antwoord is. Daar is boeke en artikels op webwefte beskikbaar wat “al die foute in die Bybel” lys. Baie mense kry hul amunisie van hier materiaal en dit is nie dat hulle eintlik self die “foute” deur lees vind nie. Dan is daar ook boeke en webwerf materiaal beskikbaar wat elkeen van hierdie sogenaamde foute verduidelik. Die jammerte is dat meeste mense wat die Bybel aanval geensins belangstel in ‘n antwoord nie. Baie van hierdie “Bybel aanvalers” is bewus van dat die antwoorde beskikbaar is maar hulle hou net eenvoudig aan en aan met hulle argument.

So, wat moet ons doen wanneer iemand ons nader met hierdie sogenaamde Bybel fout? (1) Bid en studeer die Bybel en sien of daar ‘n eenvoudige oplossing gevind kan word. (2) Doen navorsing en gebruik Bybel kommentaar lewerings, “Beskerm die Bybel” boeke en bybel webwerfte. (3) Vra pastore en kerk leiers of hulle kan help. (4) As daar nog geen goeie antwoord gekry word na 1), 2) of 3) nie dan moet ons op God se Woord vertrou dat daar nog geen antwoord gerealiseer het nie (2 Timoteus 2:15, 3:16-17).

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Is daar foute, weersprekings en teenstrydigheid in die Bybel?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries