settings icon
share icon
Vraag

Wie is die 144,000?

Antwoord


Die boek Openbaring is vol uitdagings vir die vertolker. Die boek is gelaai met beeldspraak en simbolisme wat mense op verskillende wyses uitlê, afhangende van hul vooroordeel ten opsigte van die boek as ‘n geheel. Daar is vier hoofsienings: 1) preteris (sien dat Openbaring se gebeurtenisse reeds teen die einde van die 1st eeu afgespeel het; 2) historikus (sien dat Openbaring ‘n oorsig is van die kerkgeskiedenis van die apostoliese tye tot op hede); 3) idealis (sien Openbaring as ‘n uitbeelding van die stryd tussen die goeie en die bose); 4) futuris ( sien Openbaring as ‘n profesie van gebeure wat nog in die toekoms moet kom). Van hierdie vier, is dit slegs die toekomskundige wie se benadering van interpretasie in dieselfde grammaties-historiese metode, as die res van die Skrif val. Dit pas ook beter in by Openbaring se eie oortuiging dat dit profeties is (Open 1:3, 22:7, 10, 18, 19).

Die antwoord op hierdie bogenoemde vraag sal dus afhang van die benaderde interpretasie van Openbaring. Met die uitsondering van die toekomskundige benadering, interpreteer al die ander die 144,000 simbolies as die verteenwoordiger van die kerk en die nommer 144,000 is simbolies van die totaal – dit is die voltallige nommer – van die kerk. Tog, wanneer mens daarna kyk: “Ek het die getal gehoor van dié wat gemerk is: daar was honderd vier en veertig duisend. Hulle was uit elke stam van die volk Israel” (Open 7:4), dui niks in die gedeelte daarop dat die interpretasie die 144,000 as enigiets anders as letterlik ‘n getal Jode – 12,000 geneem uit elke stam van die “volk Israel” beskou nie. In die Nuwe Testament is daar geen teks wat Israel met die kerk vervang nie.

Hierdie Jode is “geseël” – hulle het die spesiale beskerming van God van al die goddelike oordele en van die Antichris om hul sending gedurende die groot verdrukkingsperiode uit te voer (sien Openbaring 6:17, waar mense sal wonder wie die oordeel wat kom, sal kan staan). Die verdrukkingstyd is ‘n toekomstige sewe jaar-periode waarin God diegene wat Hom nie wou erken nie, met goddelike oordeel sal straf en sodoende Sy plan vir redding vir die volk van Israel sal voltooi. Dit is alles na aanleiding van God se openbaring aan die profeet Daniël (Daniël 9:24-27). Die 144,000 Jode is soort van “eerstelinge vir God” (Open 14:4) afkomstig van ‘n verloste Israel oor wie daar voorheen geprofeteer is (Sag 12:10; Rom 11:25-27) en hulle word gestuur om die Evangelie aan die wêreld te verkondig, tydens die groot verdrukking. As gevolg van hul bediening kom miljoene tot geloof in Christus,” Hierna het ek n groot menigte gesien wat niemand kon tel nie. Hulle was van elke nasie, stam, volk en taal’ (Open 7:9) .

Die meeste verwarring rondom die 144,000 is as gevolg van die vals lering van die Jehova Getuies wat verkondig, dat dit die beperkte getal mense is wat saam met Christus in die hemel sal heers en die ewigheid saam met God sal deurbring. Hierdie getal mense het volgens die Jehova Getuies die hoop om die hemel te beleef. Die res sal die aardse hoop belewe – ‘n paradys op aarde wat deur Christus en die 144,000 regeer word. Ons sien dus duidelik dat die Jehova Getuies die lering gee dat in die lewe hiernamaals sal daar stande wees met ‘n regerende klas ( die 144,000) en diegene wat regeer word. Volgens die Bybel is daar nie sulke klasseverdelings nie. Dit is waar na aanleiding van Open 20:4 dat daar mense saam met Christus in die millennium sal regeer. Hierdie mense sal bestaan uit die kerk (gelowiges in Jesus Christus), Ou Testamentiese heiliges (gelowiges wat voor Christus se verskyning gesterf het) en heiliges van die verdrukking (diegene wat Christus gedurende die verdrukking aangeneem het). Tog plaas die Bybel geen beperking op hierdie getal mense nie. Verder is die millennium anders as die ewige heerskappy, wat teen die voltooiing van die duisendjarige periode sal plaasvind. Teen daardie tyd sal God by ons wees in die Nuwe Jerusalem. Hy sal ons God wees en ons sal Sy mense wees (Open 21:3). Die erfenis wat deur Christus aan ons beloof is en deur die Heilige Gees geseël is (Ef 1:13-14), sal ons s’n word en ons sal almal mede-erfgename saam met Christus wees (Rom 8:17).

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wie is die 144,000?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries